Skrifture
Leer en Verbonde 58


Afdeling 58

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, in Sion, Jackson-distrik, Missouri, 1 Augustus 1831. Vroeër, op die eerste Sabbat na die aankoms van die Profeet en sy geselskap in Jackson-distrik, Missouri, is ’n kerkdiens gehou, en twee lede is deur die doop ontvang. Gedurende daardie week het sommige van die Colesville Heiliges van die Thompson-tak en andere aangekom (sien afdeling 54). Baie was gretig om die wil van die Here te verneem aangaande hulle in die nuwe vergaderplek.

1–5, Diegene wat in beproewing volhard, sal bekroon word met heerlikheid; 6–12, Die Heiliges moet voorberei vir die bruilof van die Lam en die aandmaal van die Here; 13–18, Biskoppe is regters in Israel; 19–23, Die Heiliges moet die wette van die land gehoorsaam; 24–29, Mense moet hul handelingsmag gebruik om goed te doen; 30–33, Die Here gebied en herroep; 34–43, Om te bekeer moet mense hulle sondes bely en hulle versaak; 44–58, Die Heiliges moet hulle erfenis koop en in Missouri versamel; 59–65, Die evangelie moet aan elke skepsel gepreek word.

1 Slaan ag, o julle ouderlinge van my kerk, en neig die oor na my woord, en leer van My wat Ek wil aangaande julle, en ook aangaande hierdie land waarheen Ek julle gestuur het.

2 Want voorwaar Ek sê vir julle, geseënd is hy wat my gebooie onderhou, hetsy in die lewe of in die dood; en hy wat getrou is in beproewing, sy beloning is groter in die koninkryk van die hemel.

3 Julle kan nie met jul natuurlike oë sien, vir die huidige nie, die plan van julle God aangaande daardie dinge wat hierna sal kom, en die heerlikheid wat sal volg na veel beproewing.

4 Want na veel beproewing kom die seëninge. Daarom, die dag kom dat julle bekroon sal word met baie heerlikheid; die uur is nog nie, maar is op hande.

5 Onthou dit, wat Ek julle voorheen vertel het, sodat julle dit ter harte kan neem, en dit ontvang wat sal volg.

6 Kyk, voorwaar, Ek sê vir julle, om hierdie rede het Ek julle gestuur—dat julle gehoorsaam mag wees, en dat julle harte voorberei mag wees om getuienis te lewer van die dinge wat sal kom;

7 En ook dat julle geëer mag word om die fondament te lê, en om getuienis te lewer van die land waarop die Sion van God sal staan;

8 En ook dat ’n fees van vetspyse voorberei mag word vir die armes; ja ’n fees van vetspyse, van wyn wat goed gesuiwer is van droesem, dat die aarde mag weet dat die monde van die profete nie sal faal nie;

9 Ja, ’n maaltyd van die huis van die Here, goed voorberei, waarheen alle nasies genooi sal word.

10 Eers, die rykes en die geleerdes, die wyses en die edeles;

11 En daarna kom die dag van my krag; dan sal die armes, die verlamdes, en die blindes, en die dowes, inkom na die bruilof van die Lam, en deelneem aan die maaltyd van die Here, voorberei vir die groot dag wat sal kom.

12 Kyk, Ek, die Here, het dit gespreek.

13 En dat die getuienis mag uitgaan van Sion, ja, vanuit die mond van die stad van die erfenis van God—

14 Ja, om hierdie rede het Ek julle hierheen gestuur, en het my dienskneg Edward Partridge gekies, en het aan hom sy sending toegewys in hierdie land.

15 Maar as hy nie bekeer van sy sondes nie, wat ongeloof en blindheid van hart is, laat hom oppas sodat hy nie val nie.

16 Kyk, sy sending word aan hom gegee, en dit sal nie weer gegee word nie.

17 En wie ook al staan in hierdie sending word aangestel om ’n regter te wees in Israel, soos dit was in antieke dae, om die lande van die erfenis van God te verdeel onder sy kinders;

18 En om sy volk te oordeel volgens die getuienis van die regverdiges, en met die hulp van sy raadgewers, volgens die wette van die koninkryk wat gegee word deur die profete van God.

19 Want voorwaar Ek sê vir julle, my wet sal onderhou word in hierdie land.

20 Laat niemand dink hy is heerser; maar laat God oor hom heers wat oordeel, volgens die raadgewing van sy eie wil, of, met ander woorde, hy wat raadgee of sit op die regterstoel.

21 Laat niemand die wette van die land verbreek nie, want hy wat die wette van God onderhou het nie nodig om die wette van die land te verbreek nie.

22 Daarom, wees onderdanig aan die heersende magte, tot Hy heers wie se reg dit is om te heers, en alle vyande onderwerp onder sy voete.

23 Kyk, die wette wat julle ontvang het uit my hand is die wette van die kerk, en in hierdie lig sal julle hulle beskou. Kyk, hier is wysheid.

24 En nou, soos Ek gespreek het aangaande my dienskneg Edward Partridge, hierdie land is die land van sy verblyf, en diegene wat hy aangestel het as sy raadgewers; en ook die land van die verblyf van hom wat Ek aangestel het om my voorraadskuur te beheer;

25 Daarom, laat hulle hul families bring na hierdie land, soos hulle onderling en met My sal raadpleeg.

26 Want, kyk, dit is nie gepas dat Ek moet gebied in alle dinge nie; want hy wat gedwing word in alle dinge, hy is ’n lui en ’n onverstandige dienskneg; daarom ontvang hy geen beloning nie.

27 Voorwaar, Ek sê, die mens behoort gretiglik betrokke te wees by ’n goeie saak, en baie dinge doen uit hul eie vrye wil, en veel regverdigheid teweegbring.

28 Want die krag is in hulle, waardeur hulle vry is om te handel na hul eie goeddunke. En in soverre mense goed doen sal hulle geensins hul loon verloor nie.

29 Maar hy wat niks doen tot hy gebied word nie, en ’n gebod ontvang met ’n twyfelagtige hart, en dit onderhou met luiheid, hy word verdoem.

30 Wie is Ek wat die mens gemaak het, sê die Here, wat hom skuldeloos sal ag wat nie my gebooie gehoorsaam nie?

31 Wie is Ek, sê die Here, wat beloof het en nie vervul het nie?

32 Ek gebied en die mense gehoorsaam nie; Ek herroep en hulle ontvang nie die seëning nie.

33 Dan sê hulle in hulle harte: Dit is nie die werk van die Here nie, want sy beloftes word nie vervul nie. Maar wee diesulkes, want hul loon is op loer van benede, en nie van bo nie.

34 En nou gee Ek aan julle verdere aanwysings aangaande hierdie land.

35 Dit is wysheid in My dat my dienskneg Martin Harris ’n voorbeeld moet wees vir die kerk, deur sy geld voor die biskop van die kerk te .

36 En ook, dit is ’n wet vir elke mens wat na hierdie land kom om ’n erfenis te ontvang; en hy sal met sy geld doen volgens wat die wet voorskryf.

37 En dit is ook wysheid dat daar land gekoop moet word in Independence, vir plek vir die voorraadskuur, en ook vir die drukkery.

38 En ander aanwysings aangaande my dienskneg Martin Harris sal aan hom gegee word deur die Gees, sodat hy sy erfenis mag ontvang na sy goeddunke;

39 En laat hom bekeer van sy sondes, want hy soek die lof van die wêreld.

40 En ook, laat my dienskneg William W. Phelps staan in die amp waarin Ek hom aangestel het, en sy erfenis ontvang in die land;

41 En ook, hy het nodig om te bekeer, want Ek, die Here, het nie welbehae in hom nie, want hy soek om te oortref, en hy is nie genoegsaam sagmoedig voor My nie.

42 Kyk, hy wat bekeer het van sy sondes, hy is vergewe, en Ek, die Here, onthou hulle nie meer nie.

43 Hierdeur mag julle weet of ’n mens bekeer van sy sondes—kyk, hy sal hulle bely en hulle versaak.

44 En nou, voorwaar, Ek sê aangaande die oorblyfsel van die ouderlinge van my kerk, die tyd het nog nie gekom, nie vir baie jare nie, vir hulle om hulle erfenis te ontvang in hierdie land, tensy hulle dit begeer deur die gebed van geloof, behalwe as dit aan hulle toegewys word deur die Here.

45 Want, kyk, hulle sal die mense saamstoot vanaf die eindes van die aarde.

46 Nou, versamel julleself byeen; en hulle wat nie aangewys is om in hierdie land te bly nie, laat hulle die evangelie preek in die streke rondom; en laat hulle daarna terugkeer na hulle huise.

47 Laat hulle onderweg preek en getuienis lewer van die waarheid in alle plekke, en die rykes, die hoës en die geringes, en die armes roep tot bekering.

48 En laat hulle kerke stig, in soverre die inwoners van die aarde sal bekeer.

49 En laat daar ’n agent aangestel word deur die stem van die kerk, vir die kerk in Ohio, om geld te ontvang om land te koop in Sion.

50 En Ek gee aan my dienskneg Sidney Rigdon ’n gebod, dat hy ’n beskrywing sal skryf van die land Sion, en ’n verklaring van die wil van God, soos dit bekend gemaak sal word aan hom deur die Gees;

51 En ’n brief en subskripsie, om voorgelê te word aan al die kerke om geld te verkry, om in die hande van die biskop geplaas te word, óf homself óf die agent, soos hy goeddink óf soos hy sal aanwys, om land te koop vir ’n erfenis vir die kinders van God.

52 Want, kyk, voorwaar Ek sê vir julle, die Here wil dat die dissipels en die kinders van mense hulle harte moet open, naamlik om hierdie hele streek van die land te koop, so gou as die tyd dit sal toelaat.

53 Kyk, hier is wysheid. Laat hulle dit doen, andersins ontvang hulle geen erfenis nie, tensy dit deur die vergieting van bloed is.

54 En weer, in soverre grond verkry is, laat daar werksmanne uitgestuur word van allerlei soorte na hierdie land, om te arbei vir die heiliges van God.

55 Laat al hierdie dinge ordelik gedoen word; en laat die moontlikhede van die land bekend gemaak word van tyd tot tyd, deur die biskop of die agent van die kerk.

56 En laat die werk van die versameling nie oorhaastig geskied nie, nóg deur vlug; maar laat dit gedoen word soos dit aangeraai word deur die ouderlinge van die kerk by die konferensies, volgens die kennis wat hulle ontvang van tyd tot tyd.

57 En laat my dienskneg Sidney Rigdon hierdie land heilig en toewy, en die plek vir die tempel, aan die Here.

58 En laat ’n konferensie-byeenkoms belê word; en daarna laat my diensknegte Sidney Rigdon en Joseph Smith, Jr., terugkeer, en ook Oliver Cowdery met hulle, om die oorblywende werk te voltooi wat Ek aan hulle toegewys het in hul eie land, en die res soos deur die konferensies voorgeskryf.

59 En laat niemand terugkeer van hierdie land tensy hy onderweg getuienis lewer van dit wat hy weet en vir seker glo nie.

60 Laat dit wat aan Ziba Peterson gegee is van hom weggeneem word; en laat hom staan as ’n lid in die kerk, en arbei met sy eie hande, met die broers, totdat hy genoegsaam gekasty is vir al sy sondes; want hy bely hulle nie, en hy dink om hulle te verberg.

61 Laat die res van die ouderlinge van hierdie kerk, wat na hierdie land kom, sommige waarvan uitermate geseënd is, selfs bomatig, ook ’n konferensie hou in die land.

62 En laat my dienskneg Edward Partridge die konferensie lei wat deur hulle gehou sal word.

63 En laat hulle ook terugkeer, en die evangelie onderweg preek, en getuig van die dinge wat aan hulle geopenbaar word.

64 Want, voorwaar, die geluid moet uitgaan van hierdie plek na die hele wêreld, en na die eindes van die aarde—die evangelie moet verkondig word aan elke skepsel, met tekens wat diegene volg wat glo.

65 En kyk die Seun van die Mens kom. Amen.