Biskop Sien ook Aäroniese Priesterskap Beteken “opsiener,” ’n amp of posisie van verantwoordelikheid. Biskop is ’n geordineerde amp in die Aäroniese Priesterskap (L&V 20:67; 107:87–88), en ’n biskop is ’n algemene regter in Israel (L&V 107:72, 74). Die Heilige Gees het julle as opsieners aangestel, Hand. 20:28. Vereistes word uiteengesit vir biskoppe, 1 Tim. 3:1–7 (Tit. 1:7). ’n Biskop moet geordineer word, L&V 20:67. Edward Partridge moes as ’n biskop dien vir die Kerk, L&V 41:9. ’n Biskop moet geestelike gawes onderskei, L&V 46:27, 29. ’n Hoëpriester mag dien in die amp van biskop, L&V 68:14, 19 (L&V 107:17). ’n Biskop word aangestel deur die Here, L&V 72. ’n Biskop moet vir die armes sorg, L&V 84:112. ’n Biskop moet alle stoflike dinge bedien, L&V 107:68. ’n Biskop is president van die Aäroniese Priesterskap, L&V 107:87–88.