Studiehulp
JSV, 1 Samuel 16


JSV, 1 Samuel 16:14–16, 23. Vergelyk 1 Samuel 16:14–16, 23; soortgelyke veranderings is gemaak aan 1 Samuel 18:10 en 19:9

Die bose gees wat oor Saul kom is nie van die Here nie.

14 Maar die Gees van die Here het Saul verlaat, en ’n bose gees wat nie van die Here was nie, het hom verontrus.

15 En Saul se diensknegte het vir hom gesê: Kyk nou, ’n bose gees wat nie van God is nie verontrus u.

16 Laat ons heer nou u diensknegte gebied, wat voor u is, om ’n man te soek wat ’n goeie harpspeler is; en dit sal gebeur, wanneer die bose gees, wat nie van God is nie, oor u kom, dat hy met sy hand sal speel en u sal goed voel.

23 En dit het gebeur dat toe die bose gees, wat nie van God was nie, oor Saul was, dat Dawid ’n harp geneem het, en met sy hand gespeel het; sodoende was Saul verkwik, en het beter gevoel, en die bose gees het van hom gewyk.