Studiehulp
JSV, 2 Petrus 3


JSV, 2 Petrus 3:3–13. Vergelyk 2 Petrus 3:3–13

In die laaste dae sal baie mense die Here Jesus Christus verloën. Wanneer Hy kom, sal baie natuurrampe plaasvind. Indien ons volhard in regverdigheid, sal ons ’n nuwe aarde ontvang.

3 Julle moet dit eerste weet, dat in die laaste dae sal daar spotters kom, wandelend volgens hulle eie begeertes.

4 Wat die Here Jesus Christus verloën, en sê, Waar is die belofte van sy koms? want sedert die vaders ontslaap het, moet alle dinge voortduur soos hulle is, en voortgeduur het soos hulle was vanaf die begin van die skepping.

5 Want hiervan is hulle vrywilliglik onkundig, dat van ouds die hemele, en die aarde staande in die water en uit die water, geskape is deur die woord van God;

6 En deur die woord van God, die wêreld wat toe was, en oorstroom is met water het vergaan;

7 Maar die hemele, en die aarde wat nou is, word bewaar deur dieselfde woord, gereserveer vir vuur vir die dag van oordeel en verderf van goddelose mense.

8 Maar aangaande die koms van die Here, geliefdes, ek wil julle nie onkundig laat oor hierdie een ding nie, dat een dag by die Here is soos ’n duisend jaar, en ’n duisend jaar is soos een dag.

9 Die Here is nie nalatig betreffende sy belofte en koms, soos sommige mense nalatigheid beskou nie; maar lankmoedig teenoor ons, nie bereidwillig dat enige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering sal kom.

10 Maar die dag van die Here sal kom soos ’n dief in die nag, waarin die hemele sal skud, en die aarde ook sal bewe, en die berge sal smelt, en verbygaan met ’n groot gedruis, en die elemente sal gevul wees met vurige hitte; die aarde ook sal gevul word en die verderflike werke wat daarin is, sal verbrand word.

11 Indien al hierdie dinge dan vernietig sal word, watter soort mense behoort julle te wees in heilige wandel en goddelikheid,

12 En uitsien na, en voorberei vir die dag van die koms van die Here waarin die verderflike dinge van die hemele wat aan die brand is sal vergaan, en die berge sal smelt met vurige hitte?

13 Nietemin, as ons sal verduur, sal ons bewaar word volgens sy belofte. En ons soek na ’n nuwe hemel, en ’n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.