Studiehulp
JSV, Génesis 17


JSV, Génesis 17:3–12. Vergelyk Génesis 17:3–12

Die volk is ongehoorsaam aan die evangeliese ordinansies, insluitende die doop. God verduidelik aan Abraham die verbond van die besnydenis en die ouderdom van toerekenbaarheid van kinders.

3 En dit het gebeur dat Abram op sy aangesig neergeval en die Naam van die Here aangeroep het.

4 En God het met hom gepraat en gesê, My volk het gedwaal van my beginsels en het nie my ordinansies onderhou wat Ek aan hul vaders gegee het nie;

5 En hulle het nie my salwing onderhou nie, en die begrafnis, of doop, waarmee Ek hulle gebied het;

6 Maar het weggedraai van die gebod, en het op hulleself die wassing van kinders en die bloed van besprinkeling geneem;

7 En het gesê dat die bloed van die regverdige Abel vir sondes vergiet is; en het nie geweet waarin hulle voor My toerekenbaar was nie.

8 Maar met jou, kyk, Ek sal my verbond sluit met jou, en jy sal die vader wees van baie nasies.

9 En hierdie verbond sluit Ek, sodat jou kinders onder alle nasies bekend mag wees. Nóg sal jou naam nie meer Abram genoem word nie, maar jou naam sal Abraham genoem word; want, ’n vader van talle nasies het Ek jou gemaak.

10 En Ek sal jou uitermate vrugbaar maak, en Ek sal nasies uit jou maak, en konings sal uit jou kom, en uit jou nageslag.

11 En Ek sal ’n verbond van besnydenis met jou vestig, en dit sal my verbond tussen My en jou wees, en jou nageslag na jou, in hulle geslagte; dat jy vir ewig mag weet dat kinders nie voor My verantwoordbaar is tot hulle agt jaar oud is nie.

12 En jy sal poog om al my verbonde te onderhou waarmee Ek met jou vaders verbonde gesluit het; en jy sal die gebooie onderhou wat Ek jou gegee het met my eie mond, en Ek sal ’n God vir jou en vir jou saad na jou wees.

JSV, Génesis 17:23–24. Vergelyk Génesis 17:17–18

Abraham verheug hom oor die profesie van Isak se geboorte en bid vir Ismael.

23 Toe het Abraham op sy aangesig neergeval en hom verheug, en in sy hart gesê, Daar sal ’n kind gebore word aan hom wat ’n honderd jaar oud is, en Sara wat negentig jaar oud is sal baar.

24 En Abraham het vir God gesê, O dat Ismael opreg mag lewe voor U!