Studiehulp
JSV, Génesis 19


JSV, Génesis 19:9–15. Vergelyk Génesis 19:8–10

Lot weerstaan die ongeregtigheid van Sodom, en engele beskerm hom.

9 En hulle het vir hom gesê, Staan terug. En hulle was vertoornd op hom.

10 En hulle het onder mekaar gesê, Hierdie een man het ingekom om tussen ons te bly, en hy wil homself opstel as ’n regter; nou sal ons erger met hom handel as met hulle.

11 Daarom sê hulle vir die man, Ons wil die mans hê, en jou dogters ook; en ons sal met hulle doen wat ons goeddink.

12 Nou was dit volgens die boosheid van Sodom.

13 En Lot het gesê, Kyk, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat my, ek smeek julle, pleit met my broers dat ek hulle nie mag uitbring na julle nie; en julle sal nie aan hulle doen wat goed is in julle oë nie;

14 Want God sal nie sy dienskneg in hierdie ding regverdig nie, laat my pleit met my broers, net hierdie een keer, dat julle niks aan hierdie manne doen nie, dat hulle vrede mag hê in my huis; want daarom het hulle onder die skadu van my dak gekom.

15 En hulle was vertoornd op Lot en het nader gekom om die deur te breek, maar die engele van God, wat heilige manne was, het hulle hande uitgesteek en Lot in die huis na hulle getrek en die deur toegemaak.