Studiehulp
JSV, Jakobus 2


JSV, Jakobus 2:1. Vergelyk Jakobus 2:1

Lede behoort nie een persoon hoër te ag as ’n ander nie.

1 My broers, julle kan nie die geloof hê in ons Here Jesus Christus, die Here van heerlikheid, en tog die persoon aansien nie.

JSV, Jakobus 2:14–21. Vergelyk Jakobus 2:14–22

Geloof sonder werke is dood en kan nie red nie.

14 Wat baat dit, my broers, vir ’n mens om te sê hy het geloof, en hy het nie werke nie? kan geloof hom red?

15 Ja, ’n mens mag sê, Ek sal jou toon ek het geloof sonder werke; maar ek sê, Toon my jou geloof sonder werke, en sal jou my geloof toon deur my werke.

16 Want as ’n broer of suster naak is en haweloos, en een van julle sê, Vertrek in vrede, wees warm en gevul; nieteenstaande hy nie daardie dinge gee wat noodsaaklik is vir die liggaam nie; van watter nut is jou geloof vir diesulkes?

17 Net so geloof, as dit nie werke het nie is dood, en is alleen.

18 Daarom wil jy weet, o ydele mens, dat geloof sonder werke dood is en jou nie kan red nie?

19 Jy glo dat daar een God is; jy doen goed; die duiwels glo ook, en sidder; jy het jouself soos hulle gemaak, en is nie geregverdig nie.

20 Is Abraham ons vader nie geregverdig deur werke toe hy sy seun Isak op die altaar geoffer het nie?

21 Sien jy hoe werke saamgewerk het met sy geloof, en deur werke is geloof volmaak gemaak?