Studiehulp
JSV, Markus 14


JSV, Markus 14:20–26. Vergelyk Markus 14:22–25

Jesus stel die nagmaal in ter gedagtenis van sy liggaam en bloed.

20 En terwyl hulle geëet het, het Jesus brood geneem en dit geseën, en gebreek, en aan hulle gegee en gesê, Neem dit en eet.

21 Kyk, dit is vir julle om te doen ter gedagtenis van my liggaam, want so dikwels as wat julle dit doen, sal julle hierdie uur onthou wat Ek met julle was.

22 En Hy het die beker geneem en nadat Hy gedank het, het Hy dit aan hulle gegee; en hulle het almal daarvan gedrink.

23 En Hy het vir hulle gesê, dit is ter gedagtenis van my bloed wat vir vele gestort word, en die nuwe testament wat Ek aan julle gee; want julle sal getuienis lewer van My aan die hele wêreld.

24 En so dikwels as wat julle hierdie ordinansie uitvoer, sal julle My onthou in hierdie uur wat Ek met julle was en van hierdie beker gedrink het met julle, naamlik die laaste keer in my bediening.

25 Voorwaar, Ek sê vir julle, Hiervan sal julle getuienis lewer; want Ek sal nie meer van die vrug van die wingerdstok met julle drink nie, tot daardie dag wanneer Ek dit nuut drink in die koninkryk van God.

26 En nou was hulle bedroef, en het geween oor Hom.

JSV, Markus 14:36–38. Vergelyk Markus 14:32–34

In Getsémané begryp selfs die Twaalf nie Jesus se rol as die Messias ten volle nie.

36 En hulle het by ’n plek gekom wat Getsémané genoem is, wat ’n tuin was; en die dissipels het begin om baie verontrus te word, en om baie swaarmoedig te word, en om te murmureer in hulle harte, en wonder of dit die Messias is.

37 En Jesus, omdat Hy hulle harte geken het, het vir sy dissipels gesê, Sit julle hier, terwyl Ek sal bid.

38 En Hy neem saam met Hom, Petrus, en Jakobus, en Johannes, en bestraf hulle, en sê vir hulle, My siel is uitermate bedroef, naamlik tot die dood; vertoef julle hier en waak.