Studiehulp
JSV, Psalm 11


JSV, Psalm 11:1–5. Vergelyk Psalm 11:1–5

In die laaste dae sal die regverdiges vlug na die berg van die Here. Wanneer die Here kom, sal Hy die bose vernietig en die regverdiges verlos.

1 Op daardie dag sal U kom, o Here; en ek sal my vertroue in U stel. U sal vir u volk sê, want my oor het u stem gehoor; U sal vir elke siel sê, Vlug na my berg; en die regverdiges sal vlug soos ’n voël wat vrygelaat is van die strik van die voëlvanger.

2 Want die goddelose buig hulle boog; kyk, hulle maak hul pyl gereed op die snaar, sodat hulle in die geheim mag skiet na die opregtes van hart, om hul fondament te vernietig.

3 Maar die fondamente van die bose sal vernietig word, en wat kan hulle doen?

4 Want die Here, wanneer Hy sal kom na sy heilige tempel, sittende op God se troon in die hemel, sal sy oë die bose deurboor.

5 Kyk sy ooglede sal die kinders van mense toets en Hy sal die regverdiges verlos, en hulle sal beproef word. Die Here het die regverdiges lief, maar die goddelose, en hom wat geweld liefhet, haat sy siel.