Studiehulp
JSV, Psalm 24


JSV, Psalm 24:7–10. Vergelyk Psalm 24:7–10

Die Erekoning sal sy volk verlos met sy koms.

7 Hef julle hoofde op, o julle geslagte van Jakob; en wees opgehef; en die Here sterk en magtig; die Here sterk in die stryd, wat die koning van heerlikheid is, sal julle vir ewig vestig.

8 En Hy sal die hemele wegrol; en sal neerdaal om sy volk te verlos; om vir julle ’n ewigdurende naam te maak; om julle op sy ewigdurende rots te vestig.

9 Hef op julle hoofde, o julle geslagte van Jakob, hef op julle hoofde, julle ewigdurende geslagte, en die Here van die leërskare, die koning van konings;

10 Selfs die koning van heerlikheid sal na julle kom; en sal sy volk verlos en sal hulle in regverdigheid vestig. Sela.