2013
Kom na My toe
Mei 2013


Vroue Besoek Boodskap, Mei 2013

“Kom na My Toe”

Deur Sy woorde en Sy voorbeeld, het Christus aan ons gewys hoe om nader aan Hom te kom.

Ek is dankbaar om saam met julle in hierdie konferensie van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae te wees. Hierdie is Sy Kerk. Ons neem Sy naam op ons wanneer ons Sy koninkryk intree. Hy is God, die Skepper en is perfek. Ons is sterflik en onderhewig aan dood en sonde. Tog in Sy liefde vir ons en ons families, nooi Hy ons uit om nader aan Hom te kom. Hier is Sy woorde: “Kom nader na my en Ek sal nader kom na julle; soek my ywerig en julle sal My vind; vra, en julle sal ontvang; klop vir julle sal oopgemaak word.”1

Tydens hierdie Paas seisoen word ons daaraan herinner hoekom ons Hom so lief het en van Sy belofte wat Hy aan Sy getroue dissipels maak, om Sy geliefde vriende te word. Die Verlosser het daardie belofte gemaak en Hy vertel ons hoe Hy, in ons diens aan Hom, na ons toe kom. Een voorbeeld is in ‘n openbaring aan Oliver Cowdery, terwyl hy die Here saam met die Profeet Joseph Smith gedien het, tydens die vertaling van die Boek van Mormon: “Kyk, Jy is Oliver, en Ek het met jou gespreek vanweё jou begeertes; bewaar dus hierdie woorde in jou hart. Wees getrou en ywerig in die onderhouding van die gebooie van God en Ek sal jou omvou in die arms van my liefde.”2

Ek ondervind die vreugde wat kom wanneer ek nader aan die Verlosser kom en wanneer Hy nader aan my kom, meer dikwels, deur eenvoudige dade van gehoorsaamheid aan die gebooie.

Jy het ook al sulke ondervindinge gehad. Dit mag dalk gewees het, toe jy gekies het om ‘n nagmaal diens by te woon. Dit was vir my op ‘n Sabbat dag, toe ek nog baie jonk was. In daardie dae het ons die nagmaal, gedurende die aand diens ontvang. Die herinnering van een dag meer as 65 jaar gelede, toe ek besluit het om die gebod te onderhou, om saam met my familie en ander Heiliges bymekaar te vergader, trek my steeds nader aan my Verlosser.

Dit was donker en koud buite. Maar ek onthou dat ek daardie aand warm en lig gevoel het in die kapel saam met my ouers. Ons het die nagmaal geneem wat deur die Aäroniese Priesterskap houers bedien is, ons het met ons Hemelse Vader ‘n verbond gemaak om Sy Seun altyd te onthou en om Sy gebooie te onderhou.

Aan die einde van die diens het ons die gesang “Bly by My; Dis Amper Nag,” gesing met die woorde “O Verlosser, bly hierdie nag by my.”3

Ek het die Verlosser se liefde en nabyheid daardie aand gevoel. En ek het die vertroosting van die Heilige Gees gevoel.

Ek wou weereens daardie gevoel van die liefde van die Verlosser en Sy nabyheid voel wat ek in daardie nagmaal diens van my jeug ondervind het. So ek het onlangs nog ‘n gebod onderhou. Ek het die geskrifte ondersoek. In hulle het ek geweet dat ek die Heilige Gees kon toelaat om my te laat voel wat twee dissipels van die opgestaande Here gevoel het, toe Hy hulle uitnodiging aanvaar het om in hulle huis in te gaan en om daar saam met hulle te bly.

Ek het aangaande die derde dag na Sy Kruisiging en begrafnis, gelees. Gelowige vroue en andere het gevind dat die klip voor die grafkelder weg gerol is en dat Sy liggaam nie meer daar was nie. Hulle het vanweё hulle liefde vir Hom gekom, om Sy liggaam te salf.

Twee engele het daar gestaan en gevra hoekom hulle bevrees was, en gesê:

“Waarom soek julle die Lewende by die dooies?”

“Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:

“Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.”4

Die Evangelie van Markus voeg die instruksie van een van die engele by: “Maar gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”5

Die Apostels en dissipels het in Jerusalem bymekaar gekom. Soos ons ook sou gewees het, was hulle bevrees en het hulle gewonder terwyl hulle saam gepraat het oor die berugte van Sy dood en van Sy opstanding en wat dit vir hulle beteken het.

Twee van die dissipels het daardie middag vanaf Jerusalem geloop op die pad na Émmaüs. Die opgestaande Christus het op die pad aan hulle verskyn en het saam met hulle geloop. Die Here het na hulle gekom.

Die boek van Lukas laat ons toe om saam met hulle te loop:

“En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.

“Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.

“En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?

“En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ‘n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?”6

Hulle het Hom van hulle hartseer vertel dat Jesus gesterf het, terwyl hulle vertrou het dat Hy die Verlosser van Israel sou wees.

Daar moes toegeneentheid in die opgestaande Heer se stem gewees het, terwyl Hy met hierdie twee hartseer en treurende dissipels gepraat het:

“En Hy sê vir hulle: O onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!

“Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?

“En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.”7

Dan kom ‘n oomblik wat my hart, vandat ek ‘n jong seun was, opgewarm het:

“Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;

“maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; En Hy het ingegaan om by hulle te bly.”8

Die Verlosser het daardie nag die uitnodiging aanvaar om by die huis van Sy dissipels in te gaan in die dorpie van Émmaüs.

Hy het saam met hulle geёet. Hy het brood geneem, dit geseёn, dit gebreek, en dit aan hulle gegee. Hulle oё is geopen sodat hulle Hom kon erken. En toe het Hy voor hulle oë verdwyn. Lukas het die gevoelens van daardie geseёnde dissipels neergeskryf: “En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?”9

Daardie selfde uur het die twee dissipels terug gejaag na Jerusalem toe om aan die elf Apostels te vertel wat met hulle gebeur het. In daardie oomblik het die Verlosser weer verskyn.

Hy het die profesiё hersien, van Sy missie om vir al die sondes van al Sy Vader se kinders te versoen, en om die bande van die dood te verbreek.

“En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,

“En bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.

“En julle is getuies van hierdie dinge.”10

Die Verlosser se woorde is vir ons ook waar, net soos wat dit toe vir Sy dissipels waar was. Ons is getuies van hierdie dinge. En die glorieryke plig wat ons aanvaar het toe ons in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae in gedoop is, is aan ons op eenvoudige wyse uitgelê, deur die profeet Alma eeue gelede by die waters van Mormon:

“En dit het gebeur dat hy aan hulle gesê het: Kyk, hier is die waters van Mormon (want so is hulle genoem) en nou, aangesien julle begerig is om in die kudde van God te kom, en om sy volk genoem te word, en gewillig is om mekaar se laste te dra, sodat hulle lig mag wees;

“Ja, en gewillig is om te treur met diegene wat treur; ja, en diegene te troos wat vertroosting nodig het, en om te staan as getuies van God te alle tye en in alle dinge, en op alle plekke waar julle mag wees, selfs tot die dood toe, sodat julle verlos mag word deur God, en gereken word onder diegene van die eerste opstanding, dat julle die ewige lewe mag hê—

“Nou sê ek aan julle, as dit die begeerte van julle harte is, wat het julle daarteen om gedoop te word in die naam van die Here, as ‘n getuie voor Hom dat julle ‘n verbond aangegaan het met Hom, dat julle Hom sal dien en sy gebooie sal onderhou, dat Hy sy Gees meer oorvloedig op julle mag uitstort?

“En nou toe die volk hierdie woorde gehoor het, het hulle hul hande geklap van vreugde, en uitgeroep: Dit is die begeerte van ons harte.”11

Ons is onder ‘n verbond om beide diegene op te hef wie in nood is, asook om ‘n getuie van die Verlosser te wees, vir so lank as wat ons lewe.

Ons sal dit slegs kan doen soos wat ons liefde vir die Verlosser voel en Sy liefde vir ons aanvoel. Soos wat ons getrou is aan die beloftes wat ons gemaak het, sal ons ons liefde vir Hom aanvoel. Dit sal vermeerder, omdat ons Sy krag sal voel en sal voel hoe Hy nader aan ons kom, terwyl ons in Sy diens is.

President Thomas S. Monson het ons al dikwels aan die beloftes wat die Here aan Sy getroue dissipels gemaak het, herinner: “En elkeen wat julle ontvang, Ek sal ook daar wees, want Ek sal voor julle aangesig uitgaan. Ek sal aan julle linkerhand en aan julle regterhand wees, en my Gees sal in julle harte wees, en my engele rondom julle om julle op te beur.”12

Daar is nog ‘n manier hoe ek en jy kan voel hoe Hy nader aan ons kom. Soos wat ons toegewyde diens aan Hom lewer, kom Hy nader aan diegene vir wie ons lief is in ons families. Elke keer wat ek gevra is, om in die diens van die Here, te trek of om my gesin te verlaat, het ek al gesien hoe die Here besig was om my vrou en kinders te seёn. Hy het Sy liefdevolle diensknegte en geleenthede voorberei, om my gesin nader aan Hom te bring.

Julle het ook al daardie selfde seёning in julle lewens ondervind. Baie van julle het dalk geliefdes wat van die pad na die ewige lewe, af weggedwaal het. Jy wonder wat meer kan jy doen om hulle terug te bring. Jy kan op die Here staatmaak dat Hy nader aan hulle sal kom, soos wat jy Hom in geloof dien.

Julle onthou die Here se belofte aan Joseph Smith en Sidney Rigdon, toe hulle op Sy opdrag, vêr van hulle families af was: “[M]y vriende Sidney en Joseph, met julle gesinne gaan dit goed; hulle is in my hande, en Ek sal met hulle maak na my goeddunke want in My lê alle krag.”13

Soos Alma en Koning Mosia, dien sommige ouers die Here baie goed en vir baie jare lank, tog het hulle kinders wie weg gedwaal het, ten spyte van hulle ouers se opofferinge vir die Here. Hulle het alles gedoen, wat hulle kon, selfs met die hulp van liefdevolle en getroue vriende, sonder enige sigbare verandering.

Alma en die Heiliges van sy dag het vir sy seun en die seuns van Koning Mosia gebid. ‘n Engel het gekom. Jou gebede en die gebede van diegene wie hulle geloof uitoefen, sal die Here se diensknegte lei om jou familie lede te help. Hulle sal hulle help om die weg terug huistoe na God te kan kies, selfs terwyl hulle besig is om deur Satan en sy volgelinge aangeval te word, wie se doel dit is om families in hierdie lewe en in die ewigheid te vernietig.

Julle onthou die woorde wat deur die engel, aan Alma die Jongere en die seuns van Mosia in hulle rebellie gespreek is: “En weer, [het] die engel gesê: Kyk, die Here het die gebede van sy volk gehoor, en ook die gebede van sy dienskneg, Alma, wat jou vader is; want hy het gebid met baie geloof aangaande jou dat jy tot die kennis van die waarheid [gebring mag word]; daarom, vir hierdie doel het ek gekom om jou te oortuig van die krag en gesag van God, dat die gebede van sy knegte verhoor mag word volgens hulle geloof.”14

My belofte aan diegene wat bid en die Here dien, is nie dat julle elke seёning wat julle vir julself of julle gesin wil hê sal ontvang nie. Maar ek kan julle belowe dat die Verlosser nader aan julle sal kom en vir jou en jou familie sal seёn met dit wat die beste sal wees. Jy sal die vertroosting van Sy liefde hê en sal voel hoe Hy nader aan jou kom, soos wat jy jou arms in diens aan andere uitstrek. Soos wat jy die wonde van diegene in nood verbind en die reinigende krag van Sy Versoening aan diegene offer wie in sonde treur, sal die Here se krag jou ondersteun. Sy arms word saam met jou arms uitgestrek om die kinders van ons Hemelse Vader te seёn en te versorg, insluitende diegene in jou eie familie.

Daar is ‘n glorieryke tuiskoms vir ons voorberei. Ons sal dan die vervulling van die beloftes van die Here vir wie ons lief is sien. Dit is Hy wat ons welkom heet in die ewige lewe saam met Hom en ons Hemelse Vader. Jesus Christus het dit op hierdie wyse beskryf:

“Soek daarna om My Sion uit te bring en op te rig. Onderhou my gebooie in alle dinge.

“En as jy my gebooie onderhou en tot die einde toe volhard, sal jy die ewige lewe hê, welke gawe die grootste van al die gawes van God is.”15

“Want hulle wat lewe, sal die aarde beёrwe, en hulle wat sterwe, sal van al hulle arbeid rus, en hulle werke sal hulle volg; en hulle sal ‘n kroon ontvang in die wonings van my Vader, wat Ek vir hulle berei het.”16

Ek getuig dat ons deur die Gees, Hemelse Vader se uitnodiging kan volg: “Dit is My Geliefde Seun. Luister na Hom!”17

Deur Sy woorde en Sy voorbeeld het Christus ons gewys hoe om nader aan Hom te kom. Elke kind van Hemelse Vader wie gekies het om deur die hek van die doop in Sy Kerk in te kom, sal die geleentheid hê om in hierdie lewe Sy evangelie geleer te word en om deur Sy aangestelde diensknegte Sy uitnodiging te hoor, “Kom na My toe.”18

Elkeen van Sy verbonds diensknegte, binne Sy koninkryk hier op die aarde en in die geestes wêreld, sal Sy leiding deur die Gees ontvang, soos wat hulle andere in Sy naam dien en seёn. En hulle sal Sy liefde aanvoel en vreugde vind soos wat hulle nader na Hom toe getrek word.

Ek is ‘n getuie van die Opstanding van die Here so waarlik asof ek daardie aand saam met die twee dissipels in die huis op die pad na Émmaüs was. Ek weet dat Hy lewe so waarlik soos wat Joseph Smith dit geweet het toe Hy die Vader en die Seun in die lig van ‘n helder oggend in ‘n woud in Palmyra gesien het.

Hierdie is die ware Kerk van Jesus Christus. Slegs in die priesterskap sleutels wat deur President Thomas S. Monson gehou word, is die krag vir ons om as families verseёl te word, om vir ewig saam met ons Hemelse Vader en die Here Jesus Christus te lewe. Ons sal op die Oordeels Dag aangesig tot aangesig voor die Verlosser staan. Dit sal ‘n tyd van vreugde wees vir diegene wie deur hulle diens aan Hom in hierdie lewe, nader aan Hom gekom het. Dit sal ‘n blye oomblik wees om die woorde te hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg.”19 Ek getuig só as ‘n getuie van die opgestaande Verlosser en ons Heiland in die naam van Jesus Christus, amen.