2013
Gehoorsaamheid Bring Seёninge
Mei 2013


Eerste Presidentskap Boodskap, Mei 2013

Gehoorsaamheid Bring Seёninge

‘n Kennis van waarhede en die antwoorde op ons belangrikste vrae kom na ons, soos wat ons gehoorsaam is aan die gebooie van God.

My geliefde broers en susters, hoe dankbaar is ek om hierdie oggend saam met julle te wees. Ek soek ‘n belang in julle geloof en gebede, soos wat ek reaggeer op die voorreg om julle aan te spreek.

Deur al die eeue het mans en vrouens, vir kennis gesoek en vir insig aangaande hierdie aardse bestaan en hulle plek en doel daarin, asook vir die weg na vrede en geluk. So ‘n soektog word ook deur elkeen van ons onderneem.

Hierdie kennis en verstandhouding is aan die hele mensdom beskikbaar. Hulle word in ewige waarhede bevat. In Leer en Verbonde afdeeling 1, vers 39, lees ons, “Want sien, en kyk, die Here is God en die waarheid bly vir ewig en altyd.”

Die digter het geskryf:

Alhoewel die hemele vergaan en die aarde se fonteine bars,

Sal waarheid, die omtrek van alle bestaan, die ergste oorleef,

ewiglik, onverandert, altyd.1

Sommige sal vra, “Waar kan sulke waarhede gevind word, en hoe sal ons dit erken?” In ‘n openbaring wat deur die Profeet Joseph Smith in Kirtland, Ohio in Mei 1833 gegee is, het die Here verklaar:

“Waarheid is kennis van dinge soos hulle is, en soos hulle gewees het, en soos hulle sal wees. …

“Die Gees van die waarheid is van God. …

“En niemand ontvang ‘n volheid nie, tensy hy Sy gebooie onderhou.

“Hy wat [God se] gebooie onderhou, ontvang waarheid en lig, totdat hy in waarheid verheerlik word en alle dinge ken.”2

Wat ‘n glorieryke belofte! “Hy wat [God se] gebooie onderhou, ontvang waarheid en lig, totdat hy in waarheid verheerlik word en alle dinge ken.”

Daar is geen rede hoekom ek of jy, in hierdie tyd van verligting, waarin die volheid van die evangelie gerestoureer is, op onbekende seё moet syl of ongemerkte paaie moet volg, in ons soeke na waarheid nie. ‘n Liefdevolle Hemelse Vader het ons koers bepaal en ‘n onveilbare gids verskaf—selfs gehoorsaamheid. ‘n Kennis van waarheid en die antwoorde op ons belangrikste vrae, sal na ons kom soos wat ons gehoorsaam is aan die gebooie van God.

Ons leer gehoorsaamheid, regdeur ons lewens. Dit begin wanneer ons baie jonk is, diegene wie verantwoordelik is vir ons sorg, stel riglynne en reёls in, om ons veiligheid te verseker. Die lewe sal vir elkeen van ons eenvoudiger wees, indien ons sulke reёls ten volle gehoorsaam. Baie van ons, leer egter deur ondervinding, die wysheid van gehoorsaamheid.

Terwyl ek groot geword het, het my familie elke somer van vroeg in Julie tot vroeg in September, by ons huisie in Vivian Park in Provo Kloof in Utah gaan bly.

Een van my beste vriende gedurende daardie sorgvrye dae in die kloof, was Danny Larsen, wie se familie ook ‘n huisie in Vivian Park besit het. Elke dag het ek en hy hierdie seuns paradys verken, ons het in die stroompie en die rivier visgevang, klippe en ander skatte bymekaar gemaak, berg geklim en eenvoudig elke minuut van elke uur van elke dag geniet.

Een oggend het ek en Danny besluit dat ons daardie aand, saam met al ons vriende van die kloof, ‘n kampvuur wil hou. Ons moes net ‘n area in ‘n nabye veld, van alle gras skoon maak, sodat ons almal bymekaar kan kom. Die Junie gras wat die veld bedek het, was droog en prikkelrig, wat die veld ongeskik gemaak het vir ons doel. Ons het begin om die lang grass uit te trek, met die doel om ‘n groot sirkelvormige area skoon te maak. Ons het met al ons mag gepluk en getrek, maar ons kon slegs klein handjievol hardkoppige onkruid op ‘n slag uittrek. Ons het besef dat hierdie taak die hele dag sou neem, en ons energie en entusiasme was reeds besig om te kwyn.

En toe het, wat ek gedink het, die perfekte oplossing in my agt jarige verstand opgeduik. Ek het aan Danny gesê, “Al wat ons moet doen is om hierdie onkruid aan die brand te steek. Ons sal ‘n sirkel in die onkruid brand!” Hy het onmiddelik met my saamgestem, en ek het na ons huisie gehardloop om ‘n paar vuurhoutjies te gaan haal.

Net ingeval enige van julle dink dat ons op die jong ouderdom van agt toegelaat is om vuurhoutjies te gebruik, laat ek dit duidelik stel dat beide Danny en ek verbied was om hulle sonder volwasse toesig te gebruik. Ons is beide herhaaldelik gewaarsku teen die gevare van vuur. Tog het ek geweet waar my familie die vuurhoutjies gebêre het, en ons moes daardie veld skoon maak. Sonder ‘n verdere gedagte, het ek na ons huisie gehardloop en ‘n paar vuurhoutjies gegryp, en seker gemaak dat niemand my dophou nie. Ek het hulle gou in een van my sakke weggesteek.

En na Danny terug gehardloop, opgewonde omdat ek die oplossing tot ons probleme in my sak gehad het. Ek onthou dat ek gedink het dat die vuur slegs sover sal brand as wat ons wil hê dit moet brand en dat dit vanself op wonderbaarlike wyse sal dood gaan.

Ek het die vuurhoutjie op ‘n klip getrek en die droё Junie gras aan die brand gesteek. Dit het vlam gevat asof dit in petrol geweek is. Ek en Danny was eers opgewonde om te sien hoe die onkruid verdwyn, maar dit het gou duidelik geword dat die vuur, nie van plan was om op sy eie dood te gaan nie. Ons het paniekerig geword, soos wat ons besef het dat ons niks kon doen om dit te stop nie. Die woedende vlamme het die wilde gras teen die berg begin opvolg, wat al die denne bome en alle ander dinge in hulle pad begin bedreig het.

Ons het uiteindelik geen ander opsie gehad as om vir hulp te gaan soek nie. Binnekort het alle beskikbare mans en vrouens van Vivian Park begin om met nat sakke heen en weer te hardloop, in ‘n poging om die vlamme dood te slaan. Na verskeie ure is die laaste smeulende kole geblus. Die ou denne bome is gered, asook die huise wat uiteindelik deur die vlamme bereik sou word.

Danny en ek het daardie dag verskeie moeilike maar belangrike lesse geleer—die belangrikste hiervan, was hoe belangrik gehoorsaamheid is.

Daar is reёls en wette om te help om ons fisiese veiligheid te verseker. Soortgelyk, het die Here ook riglynne en gebooie verskaf om te help om ons geestelike veiligheid te verseker, sodat ons hierdie dikwels gevaarlike aardse bestaan, suksesvol kan navigeer en uiteindelik na ons Hemelse Vader kan terug keer.

Eeue gelede, het Samuel aan ‘n generasie wat diere offerandes streng gevolg het, verklaar, “Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.”3

In hierdie dispensasie het die Here aan die Profeet Joseph Smith geopenbaar dat Hy “die hart en ‘n gewillige gees [vereis];en die gewilliges en gehoorsames sal van die goedheid van die land van Sion in die laaste dae eet.”4

Alle profete, van beide antieke en moderne tye het geweet dat gehoorsaamheid noodsaaklik is vir ons saligheid. Nefi het verklaar, “Ek sal heengaan en die dinge doen wat die Here gebied het.”5 Alhoewel andere in hul geloof en gehoorsaamheid gestruikel het, het Nefi nooit opgehou om die dinge te doen wat die Here van hom gevra het nie. Ontelbare geslagte is as gevolg hiervan geseёn.

‘n Siel-roerende verhaal van gehoorsaamheid is dié van Abraham en Isak. Hoe pynlik moes dit nie vir Abraham gewees het nie, om in gehoorsaamheid aan God se bevel, sy geliefde Isak na die land van Moria te neem om hom as ‘n slagoffer aan te bied. Kan ons die swaarheid van Abraham se hart verbeel, soos wat hy na daardie bepaalde plek gereis het? Angstigheid moes sekerlik sy hele liggaam aangegryp het en sy verstand gemartel het, soos wat hy Isak vasgebind het en hom op die altaar neergelê het, en die mes geneem het om hom dood te maak. Met onwrikbare geloof en onverskrokke vertroue in die Here, het hy op die Here se bevel gereaggeer. Hoe wonderlik was die verklaring, en hoe welkom die woorde: “Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.”6

Abraham is beproef en getoets en vir sy gelowigheid en gehoorsaamheid, het die Here aan hom hierdie wonderlike belofte gegee: “In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.”7

Alhoewel ons nie gevra word om ons gehoorsaamheid op so ‘n dramatiese en hart verskeurende wyse te bewys nie, word gehoorsaamheid nog steeds van ons vereis.

President Joseph F. Smith het in Oktober 1873, verklaar, “Gehoorsaamheid is die eerste wet van die hemele.”8

President Gordon B. Hinckley het gesê, “Die geluk van die Heiliges van die Laaste Dae, die vrede van die Heiliges van die Laaste Dae, die voorspoedigheid van die Heiliges van die Laaste Dae en die ewige saligheid en verheerliking van hierdie mense lê daarin, dat hulle in gehoorsaamheid aan die raad van …God, wandel.”9

Gehoorsaamheid is die kenmerk van profete; dit het deur die eeue al aan hulle krag en kennis verskaf. Dit is noodsaaklik dat ons besef dat ons ook geregtig is op hierdie bron van krag en kennis. Dit is vandag aan elkeen van ons maklik beskikbaar, soos wat ons God se gebooie gehoorsaam.

Deur die jare, het ek ontelbare individue geken wie verskriklik gelowig en gehoorsaam was. Ek is deur hulle geseёn en aangemoedig. Mag ek met julle ‘n verhaal deel van twee sulke individue.

Walter Krause was ‘n standvastige lid van die Kerk wie, saam met sy familie, in wat toe, na die Tweede Wêreld Oorlog, as Oos Duitsland bekend geword het, gewoon. Ten spyte van die teenspoed wat hulle ondervind het, as gevolg van die tekort aan vryheid wat hulle in daardie tyd en in daardie area van die wêreld ondervind het, was Broer Krause steeds ‘n man wie die Here lief gehad het en gedien het. Hy het met geloof en toewyding elke taak wat hy gegee is, voltooi.

Die ander man, Johann Denndorfer, ‘n inwoner van Hongarye, is in Duitsland tot die Kerk bekeer en is in 1911 op die ouderdom van 17 gedoop. Hy het kort daarna na Hongarye teruggekeer. Na die Tweede Wêreld Oorlog het hy homself feitlik as ‘n gevangene in sy eie land bevind, in die stad van Debrecen. Die mense van Hongarye is ook hul vryheid ontneem.

Broer Walter Krause, wie Broer Denndorfer nie eens geken het nie, het die opdrag ontvang om sý huis besoeker te word en om hom op ‘n gereelde basis te besoek. Broer Krause het sy huis besoek metgesel geskakel en aan hom gesê, “Ons het ‘n opdrag ontvang om Broer Johann Denndorfer te besoek. Sal jy beskikbaar wees om hierdie week saam met my te gaan om aan hom ‘n evangeliese boodskap te bring?” Hy het toe bygevoeg, “Broer Denndorfer woon in Hongarye.”

Sy geskokte metgestel het gevra, “Wanneer sal ons vertrek?”

“Môre,” het Broer Krause geantwoord.

“Wanneer sal ons terug keer?” het die metgesel gevra.

Broer Krause het geantwoord, “O, in omtrent ‘n week—indien ons wel terug keer.”

En so het die twee huis besoekers vertrek om Broer Denndorfer te gaan besoek, hulle het per trein en bus vanaf die noord oos area van Duitsland na Debrecen, Hongarye gereis —‘n baie lang reistog. Broer Denndorfer het geen huis besoekers gehad sedert voor die oorlog nie. Nou, toe hy hierdie diensknegte van die Here gesien het, is hy met dankbaarheid vir hulle koms, oorval. Hy het eers geweier om hulle hande te skud. Hy het eers na sy slaapkamer gegaan en daar uit ‘n klein kassie ‘n boks gaan haal waarin hy sy tiende vir baie jare lank, weggebêre het. Hy het sy tiende aan sy huis besoekers oorhandig en toe gesê, “Nou is ek op datum met die Here. Nou voel ek waardig om die hande van die diensknegte van die Here die skud!” Broer Krause het my later vertel dat hy nie in woorde kon uitdruk hoe hy aangeraak is deur hierdie gelowige broer, wie vir baie jare geen kontak met die Kerk gehad het nie, wie só gehoorsaam en getrou 10 persent van sy sy skrale inkomste weggebêre het om sy tiende te kon betaal. Hy het dit gespaar sonder om te weet of hy ooit die voorreg sal hê om dit oor te betaal nie.

Broer Walter Krause is nege jaar gelede, op die ouderdom van 94 oorlede. Hy het getrou en gehoorsaam deur sy hele lewe gedien, en was ‘n inspirasie vir my en almal wat hom geken het. Wanneer hy gevra is om ‘n taak te doen, het hy dit nooit bevraagteken nie, hy het nooit gemurmureer nie en hy het nooit verskonings gemaak nie.

My broers en susters, die groot toets van hierdie lewe is gehoorsaamheid. “…[O]ns sal hulle hiermee beproef,” het die Here gesê, “om te sien of hulle al die dinge sal doen wat die Here hulle God hulle ook al mag beveel.”10

Die Verlosser het verklaar, “Want almal wat uit my hande ‘n seёning wil ontvang, moet hulle onderwerp aan die wet wat bepaal is vir daardie seёning, en by die voorwaardes daarvan, soos ingestel voor die grondlegging van die wêreld.”11

Daar bestaan geen groter voorbeeld van gehoorsaamheid, as ons Verlosser nie. Paulus het van Hom gesê:

“Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

“En nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword.”12

Die Verlosser het opregte liefde aan God getoon, deur ‘n perfekte lewe te lei en deur Sy heilige sending te eer. Hy was nooit hoogmoedig nie. Hy was nooit opgepof met trots nie. Hy was nooit ontrou nie. Hy was altyd nederig. Hy was altyd opreg. Hy was altyd gehoorsaam.

Alhoewel Hy deur daardie meester van bedrog, selfs die duiwel, versoek is, alhoewel Hy fisies swak was na 40 dae en 40 nagte se vas, tog het Jesus nie ingegee toe die bose een die mees aanloklikste versoekinge aangebied het nie, Hy het aan ons ‘n goddelike voorbeeld van gehoorsaamheid gegee, deur te weier om weg te draai van dit wat Hy geweet het reg was.13

Toe Hy met die leiding van Getsémane gekonfronteer is, waar Hy sulke pyn moes verduur, dat “sy sweet soos bloeddruppels was wat op die grond val,”14 was Hy steeds ‘n voorbeeld van die gehoorsame Seun, deur te sê, “Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied.”15

Soos wat die Verlosser Sy vroё Apostels beveel het, beveel Hy ook vir jou en vir my, “Volg julle my.”16 Is ons gewillig om gehoorsaam te wees?

Die kennis waarna ons soek, die antwoorde waarna ons smag en die krag wat ons vandag begeer, om die uitdagings van ‘n komplekse en veranderende wêreld te oorkom, kan ons s’n wees, wanneer ons gewilliglik die Here se gebooie gehoorsaam. Ek haal weereens die Here se woorde aan: “Hy wat [God se] gebooie onderhou, ontvang waarheid en lig, totdat hy in waarheid verheerlik word en alle dinge ken.”17

Dit is my nederige gebed, dat ons met die rykke belonings geseёn sal word wat aan die gehoorsames belowe word. In die naam van Jesus Christus, ons Heer en Verlosser, amen.