2013
Leer en Onderrig die Evangelie
Julie 2013


Vroue Besoek Boodskap, Julie 2013.

Leer en Onderrig die Evangelie

Met gebed, studeer hierdie materiaal en, indien gepas, bespreek dit met die susters wie jy besoek. Gebruik die vrae om jou te help om jouself en jou susters te versterk en om Vroue Vereniging ‘n aktiewe deel van jou eie lewe te maak. Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Jesus Christus was die meester leraar. Hy het die voorbeeld vir ons gestel, soos wat Hy “vroue in groepe en as individue geleer het, op die straat, by die kuslyn, by die water put en in hulle huise. Hy het liefdevolle-sagmoedigheid aan hulle getoon en Hy het hulle en hulle familie lede genees.”1

Hy het Martha en Maria geleer en hulle “genooi om Sy dissipels te word en om deel te hê aan saligheid, ‘daardie goeie deel’ [Lukas 10:42] wat nooit van hulle af weggeneem sal word nie.”2

In ons hedendaagse skrifture, beveel die Here ons om “mekaar die leerstellinge van die koninkryk te leer” (L&V 88:77). Cheryl A. Esplin, tweede raadgewer in die Primêre algemene presidentskap, het die volgende gesê, met betrekking tot die leer en onderrig van leerstellinge, “Om te leer hoe om die leerstellinge van die evangelie volledig te verstaan is ‘n lewenslange proses en kom ‘reёl op reёl, lering op lering, hier ‘n bietjie en daar ‘n bietjie’ (2 Nefi 28:30).”3

Soos wat ons leer, studeer en bid, sal ons met die krag van die Heilige Gees kan leer, wie ons boodskap “aan die harte van die kinders van mense sal dra” (2 Nefi 33:1).

Vanuit die Skrifture

Alma 17:2–3; 31:5; Leer en Verbonde 42:12–13; 84:85

Vanuit Ons Geskiedenis

Ons profete van die verlede het ons as vrouens daaraan herinner dat ons ‘n belangrike rol as onderwysers in die huis en Kerk het. In September 1979, het President Spencer W. Kimball (1895–1985) ons gevra om “suster skrifkenners” te word. Hy het gesê: “Word skoliere van die skrifture, nie om andere af te trek nie, maar om hulle op te hef! Wie het ‘n groter nood, vir die bymekaar maak van evangeliese waarhede (wat hulle kan oproep in ‘n oomblik van nood) as vrouens en moeders, wat so baie opvoeding en onderrig moet verskaf?”4

Ons is almal onderwysers en studente. Wanneer ons vanuit die geskrifte en die woorde van ons lewende profete leer, kan ons andere help om na Christus te kom. Wanneer ons aan die onderrig proses deelneem deur betekenisvolle vrae te vra en dan te luister, kan ons antwoorde vind op ons persoonlike belange.

Wat Kan Ek Doen?

  1. Hoe is ek besig om voor te berei om ‘n beter onderwyser te word?

  2. Deel ek my getuienis met die susters oor wie ek waak?

Notas

  1. Daughters in My Kingdom: The History and Work of Relief Society (2011), 3.

  2. Daughters in My Kingdom, 4.

  3. Cheryl A. Esplin, “Teaching Our Children to Understand,” Liahona en Ensign, Mei 2012, 12.

  4. Spencer W. Kimball, in Daughters in My Kingdom, 50.