2013
‘Ek Sal Jou Nie Begewe, en Jou Nie Verlaat Nie’
November 2013


Eerste Presidentskap Boodskap, November 2013

“Ek Sal Jou Nie Begewe Nie, en Jou Nie Verlaat Nie”

Ons Hemelse Vader … weet dat ons leer en groei en sterker word, soos wat ons die beproewinge waardeur ons moet gaan, aandurf en oorkom.

Ek sal vannaand in my joernaal skryf, “Hierdie was een van die mees inspireёrendste sessies van enige algemene konferensie, wat ek al ooit bygewoon het. Alles was van die diepste en mees geestelikste natuur.”

Broers en susters, ses maande gelede, soos wat ons saam ontmoet het in ons algemene konferensie, het my geliefde vrou, Frances, in die hospitaal gelê, as gevolg van ‘n verskriklike val wat sy ‘n paar dae vroeёr gehad het. In Mei, na weke van moedige stryd om haar beserings te oorkom, het sy die ewigheid ingeglip. Haar afwesigheid word diep aangevoel. Ek en sy is op 7 Oktober 1948, in die Salt Lake Tempel getroud. Môre sou ons 65ste huweliks herdenking gewees het. Sy was die liefde van my lewe, my vertroueling en my dierbaarste vriend. Om te sê dat ek haar mis, kan nie eers begin om die diepte van my gevoelens, te beskryf nie.

Hierdie konferensie merk 50 jaar, sedert ek, deur President David O. McKay, na die Kworum van die Twaalf Apostels geroep is. Deur al hierdie jare, het ek niks behalwe die volle en algehele ondersteuning van my dierbare metgesel gevoel nie. Ontelbaar is al die opofferinge wat sy gemaak het, sodat ek my roeping kon vervul. Ek het nooit ‘n woord van klagte van haar af gehoor nie, dit was dikwels nodig vir my om dae en soms weke van haar en ons kinders af weg te wees. Sy was waarlik ‘n engel.

Ek wil graag my dankbaarheid uitdruk, asook die van my familie, vir die ongelooflike uitstorting van liefde, wat sedert Frances se dood, aan ons besorg is. Honderde kaartjies en briewe is van reg oor die wêreld gestuur, waarin hulle van hulle liefde, admirasie en roubeklag vir haar betuig. Ons het tientalle pragtige blomme rangskikkings ontvang. Ons is dankbaar vir die talle bydraes wat, in haar naam aan die Algemene Sending Fonds van die Kerk, gemaak is. Namens diegene wie sy agter gelaat het, wil ek ons diepe dankbaarheid uitdruk, vir julle sagmoedigheid en hartstogtelike betuigings.

Deur hierdie tyd van afskeiding, het my getuienis van die evangelie van Jesus Christus en my kennis dat ek weet dat Frances steeds lewe, vir my die grootste vertroosting gebring. Ek weet dat ons skeiding slegs tydelik is. Ons is in die huis van God verseёl, deur een wie die gesag het om op die aarde en in die hemel te bind. Ek weet dat ons een dag weer verenig sal word, om dan nooit weer geskei te word nie. Hierdie kennis ondersteun my.

Broers en susters, dit kan met veiligheid aanvaar word dat geen persoon wat al ooit geleef het, heeltemal vry van leiding en verdriet was nie, nog minder was daar ooit ‘n periode in mense geskiedenis wat nie sy deel van ontstuimigheid en mismoedigheid ondervind het nie.

Wanneer die paaie van die lewe ‘n wrede draai neem, is daar die versoeking om die vraag te vra “Hoekom ek?” By tye mag dit lyk asof daar geen lig aan die einde van die tonnel is nie, geen sonsopkoms om die nag se duisternis te beёindig nie. Ons voel omhels deur die teleurstelling van verpletterde drome en die misnoeё van verdwynende hoop. Ons sluit aan by die bybelse pleidooi, “Is daar geen balsem (troos) in Gilead nie?”1 Ons voel verlate, hartgebroke en alleen. Ons is geneig om ons eie persoonlike teenspoed, deur die verdraaide prisma van pessimisme te sien. Ons word ongeduldig vir ‘n oplossing tot ons probleme en vergeet dat die hemelse eienskap van geduld, dikwels vereis word.

Die beproewinge wat na ons toe kom, bied aan ons, die ware toets van ons vermoё om te verduur. ‘n Fundamentele vraag moet steeds deur elkeen van ons beantwoord word: Sal ek wegval, of sal ek volhard? Sommige val wel weg, wanneer hulle voel dat hulle nie bo hulle uitdaagings kan uitreis nie. Om te volhard, is om tot die einde van die lewe te verduur.

Soos wat ons die gebeure oorweeg wat elkeen van ons kan beval, kan ons saam met Job van ouds sê, “Maar die mens word vir moeite gebore.”2 Job was “vroom en opreg” en “godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad.”3 Vroom in sy gedrag, voorspoedig in sy fortuin, moes Job die toets aandurf wat enige persoon kon vernietig. Sy besittings is van hom af weggeskeur, sy vriende het hom verwyt, sy leiding was ‘n beproewing en die verlies van sy familie was verpletterend, en hy is aangemoedig om “God te vervloek, en te sterf.”4 Hy het hierdie versoeking vermy en uit die dieptes van sy adelike siel verklaar:

“Kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig is in die hoogtes.”5

“Ek weet dat my Verlosser leef.”6

Job het volhard in sy geloof. Sal ons dieselfde doen, soos wat ons die uitdaagings aandurf wat na ons toe kom?

Wanneer ons geneig is om swaar te dra aan die laste van die lewe, laat ons onthou dat andere reeds hierdie selfde paaie gewandel het, dit verduur het en toe oorkom het.

Die geskiedenis van die Kerk in hierdie, die dispensasie van die volheid van tye, is propvol ondervindinge van diegene wie gesukkel het en tog steeds standvastig en vol moed gebly het. Die rede? Hulle het die evangelie van Jesus Christus die middelpunt van hulle lewens gemaak. Dit is wat ons sal deurtrek, ongeag van dit wat na ons toe mag kom nie. Ons sal steeds moeilike uitdaagings ondervind, maar ons sal hulle met moed kan aandurf, dit verduur, en as oorwinnaars uit die stryd tree.

Vanuit die bed van pyn, vanaf die kussing nat met trane, word ons hemelwaarts deur goddelike versekering en ‘n kosbare belofte opgehef: “Ek sal jou nie begewe nie, en jou nie verlaat nie.”7 Sulke troos is prysloos.

Soos wat ek al ver en wyd deur die wêreld gereis het, om die verantwoordelikhede van my roeping te vervul, het ek tot die besef van baie dinge gekom – een van hierdie dinge, is dat hartseer en leiding universeel is. Ek kan nie begin om al die hartseer en verdriet te meet wat ek al gesien het nie, soos wat ek diegene besoek het wie bekend was met verdriet, siekte, egskeiding, wegvallige seuns of dogters of die gevolge van sonde nie. Die lys kan aan en aan gaan, want daar is ontelbare probleme wat ons kan beval. Om een voorbeeld uit te sonder is moeilik, en tog wanneer ek aan ‘n uitdaaging dink, draai my gedagtes na Broer Brems, een van my Sondag Skool onderwysers. Hy was ‘n gelowige lid van die Kerk, ‘n man met ‘n hart van goud. Hy en sy vrou, Sadie het agt kinders gehad, baie wie dieselfde ouderdom was as die in ons eie familie.

Na Frances en ek getroud was en uit die wyk getrek het, het ons Broer en Suster Brems en ander lede van hulle familie by troues en begrafnisse gesien, asook by wyk reünies.

In 1968 het Broer Brems sy vrou Sadie verloor. Twee van sy agt kinders het ook met verloop van tyd gesterf.

Een dag amper 13 jaar gelede het Broer Brem se oudste kleindogter my geskakel. Sy het verduidelik dat haar oupa sy 105ste verjaardag bereik het. Sy het gesê, “Hy woon in ‘n klein versorgings sentrum, maar sien elke Sondag sy hele familie, waar hy dan ‘n evangeliese les met hulle deel.” Sy het vertel, “Hierdie afgelope Sondag het Oupa aan ons afgekondig, ‘My geliefdes, ek gaan hierdie week sterf. Sal julle asseblief vir Tommy Monson skakel. Hy sal weet wat om te doen.”

Ek het Broer Brems die volgende aand besoek. Ek het hom lanklaas gesien. Ek kon nie met hom praat nie, omdat hy sy gehoor heeltemal verloor het. Ek kon nie vir hom ‘n boodskap skryf om te lees nie, omdat hy sy sig ook reeds verloor het. Ek is aangesê dat die familie met hom kommunikeer deur die vinger van sy regterhand te neem en dan op die palm van sy linger hand, die naam van die persoon wie hom besoek, uit te skryf. Enige boodskap moes op hierdie wyse gedeel word. Ek het die prosedure gevolg, deur sy vinger te neem en T-O-M-M-Y M-O-N-S-O-N, te spel, die naam waarby hy my altyd geken het. Broer Brems het opgewonde geraak en my hande geneem en hulle op sy hoof geplaas. Ek het verstaan dat dit sy begeerte was, om ‘n priesterskap seёning te ontvang. Die drywer wie my na die versorgings sentrum geneem het, het saam met my sy hande op die hoof van Broer Brems geplaas en die gesogte seёning gegee. Daarna het trane vanuit sy siglose oё gestroom. Hy het ons hande in dankbaarheid aangegryp. Alhoewel hy nie die seёning wat ons hom gegee het, kon hoor nie, was die Gees sterk en ek glo dat hy kon aanvoel dat ons aan hom die seёning gegee het wat hy nodig gehad het. Hierdie dierbare man kon nie meer sien nie. Hy kon nie meer hoor nie. Hy was dag en nag tot ‘n klein kamertjie in ‘n versorgings sentrum beperk. En tog het die glimlag op sy gesig en die woorde wat hy gespreek het, my hart geraak. “Dankie” het hy gesê. “My Hemelse Vader is so goed vir my.”

Net soos wat Broer Brems voorspel het, het hy binne ‘n week gesterf. Hy het nooit gedwaal op dit wat hy gekort het nie; maar was eerder vol dankbaarheid vir sy vele seёninge.

Ons Hemelse Vader, wie aan ons so baie gee, om onsself in te verbly, weet ook dat ons slegs leer en groei en sterk word, wanneer ons die beproewinge waar deur ons moet gaan, aandurf en oorkom. Ons weet dat daar tye sal wees, wanneer ons hartverskeurende verdriet sal ondervind, wanneer ons sal rou en wanneer ons tot op ons uiterste getoets sal word. Tog, is dit hierdie ondervindinge wat ons toelaat om vir die betere te verander, om ons lewens te herbou op die manier wat ons Hemelse Vader ons geleer het, en om iets anders te word as wat ons nou is – beter as wat ons was, met meer insig en meer empatie as wat ons gehad het, met sterker getuienisse as wat ons vooraf gehad het.

Dit behoort ons doel te wees – om te volhard en te verduur, ja, maar ook om meer geestelik verfyn te word, soos wat ons, ons pad deur die sonskyn en die hartseer vind. As dit nie was vir uitdaagings om te oorkom en probleme om op te los nie, sou ons oor die algemeen gebly het soos ons is, met min of geen vordering na ons uiteindelike doel, van die ewige lewe nie. Die digter het dieselfde ideёs uitgedruk in hierdie woorde:

Goeie hout groei nie sonder moeite nie,

Hoe sterker die wind, hoe sterker die boom.

Hoe verder die hemel, hoe groter die lengte.

Hoe meer die storm, hoe meer die krag.

Deur son en koue, deur reёn en sneeu,

Groei sterk hout in beide mens en boom.8

Slegs die Meester ken die dieptes van ons beproewinge, ons pyn en ons leiding. Hy alleen, bied ons ewige vrede in tye van teenstand. Hy alleen, kan ons geteisterde siel met Sy vertroostende woorde aanraak:

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

“Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart en julle sal rus vind vir julle siele.

“Want my juk is sag en my las is lig.”9

Of dit die beste van tye is of die ergste van tye is, maak nie saak nie, Hy is altyd met ons. Hy het belowe dat dit nooit sal verander nie.

My broers en susters, mag ons toevertroue aan ons Hemelse Vader nie volgens die jare of die krisisse van ons lewens, val en styg nie. Ons behoort nie moeilike tye nodig te hê om Hom te onthou nie, en ons moet nie tot nederigheid gedryf word, voor ons ons geloof en vertroue aan Hom gee nie.

Mag ons altyd daarna streef om na aan ons Hemelse Vader te wees. Om dit te bereik, moet ons elke dag tot Hom bid en na Hom luister. Ons het Hom waarlik elke uur nodig, nie teen staande of dit ure van sonskyn of reёn mag wees nie. Mag Sy belofte altyd ons wagwoord wees: “Ek sal jou nie begewe nie, en jou nie verlaat nie.”10

Met al die krag van my siel, getuig ek dat God lewe en ons lief het, dat Sy Eniggebore Seun lewe en vir ons gesterwe het en dat die evangelie van Jesus Christus daardie deurdringende lig is wat deur die duisternis van ons lewens kan skyn. Mag dit altyd so wees, bid ek in die heilige naam van Jesus Christus, amen.