2013
Leringe van Ons Tyd
November 2013


Leringe van Ons Tyd

Melgisédekse Priesterskap en Vroue Vereniging lesse op die vierde sondag sal aan “Leringe van Ons Tyd” toegewy word. Elke les kan voorberei word vanuit een of meer praatjies wat in die mees onlangse algemene konferensie gegee is (sien kaart hier onder aan). Ring en distrik presidente mag kies watter praatjies gebruik moet word, of hulle kan hierdie verantwoordelikheid aan die biskoppe en tak presidente oordra. Leiers moet beklemtoon hoe waardevol dit is om Melgisédekse Priesterskap broers en Vroue Vereniging susters te hê, wat dieselfde praatjies op dieselfde Sondag bestudeer.

Diegene wie die vierde-Sondag lesse bywoon, word aangemoedig om die nuutste uitgawe van die onlangse algemene konferensie tydskrif te studeer en saam klas toe te bring.

Voorstelle vir die Voorbereiding van ‘n Les vanuit ‘n Praatjie

Bid dat die Heilige Gees saam met jou sal wees, terwyl jy die praatjie(s) studeer en leer. Jy mag dalk in die versoeking gelei word om die les voor te berei deur ander materiale te gebruik, maar die konferensie praatjies is die goedgekeurde kurrikulum. Jou opdrag is om andere te help om die evangelie te leer en uit te leef, soos wat in die mees onlangste algemene konferensie van die Kerk onderig is.

Hersien die praatjie(s), kyk uit vir beginsels en leerstellinge waarby klas lede die meeste sal baat vind. Kyk ook vir stories, skrif verwysings en verklarings van uit die praatjie(s), wat jou kan help om hierdie waarhede aan andere te leer.

Maak ‘n uitlegging van hoe om hierdie beginsels en leerstellinge te leer. Oorweeg om vrae in te sluit wat klas lede sal help:

  • Om beginsels en leerstellinge in die praatjie(s) te erken.

  • Om oor hulle betekenis na te dink.

  • Om insigte, ideёs, ondervindinge en getuienisse te deel.

  • Om hierdie beginsels en leerstellinge in hulle lewens toe te pas.

Maandelikse Lesse Word Geleer

Vierde-Sondag Les Materiaal

Oktober 2013–April 2014

Praatjies wat in die Oktober 2013 algemene konferensie gegee is*

April 2014–Oktober 2014

Praatjies wat in die April 2014 algemene konferensie gegee is*

  • Vir die vierde-Sondag lesse in April en Oktober, mag praatjie(s) uit die vorige konferensie of die mees onlangste een gekies word. Die praatjies is in baie tale beskikbaar by conference.lds.org.