2013
Familie en Vriende vir ewig
Desember 2013


Eerste Presidentskap Boodskap, Desember 2013

Familie en Vriende Vir ewig

Beeld
President Henry B. Eyring

Waar julle ookal woon, het julle vriende wat soek vir die groter geluk wat julle gevind het deur die geretoureerde evangelie van Jesus Christus te lewe. Hulle mag dalk nie in staat wees om hierdie geluk in woorde te beskyf nie, maar hulle kan dit herken wanneer hulle dit in jou lewe sien. Hulle sal gretig wees om die bron van hierdie geluk te leer, veral wanneer hulle sien dat jy ook deur beproewinge gaan, net soos hulle.

Jy het geluk gevoel soos jy die gebooie van God gehoorsaam. Dit is die beloofde vrugte deur die evangelie te lewe (sien Mosia 2:41). Jy gehoorsaaam nie die Here se gebooie getrou om deur ander mense gesien te word nie, maar diegene wat jou geluk waarneem word voorberei deur die Here om die goeie nuus van die restourasie van die evangelie te hoor.

Die seëninge wat jy gegee is, het verpligtinge en wonderlike geleenthede vir jou geskep. As ʼn verbonds dissipel van Jesus Christus, is jy verplig om aan ander ʼn geleentheid te bied om toenemende geluk te vind, veral vir jou vriende en familielede.

Die Here het jou geleentheid gesien en jou verantwoordelikheid beskryf met hierdie gebod: “Dit betaam elke man wat gewaarsku is, om ook sy naaste te waarsku” (L&V 88:81).

Die Here maak daardie gebod makliker om te gehoorsaam deur die verandering wat in jou hart plaas vind soos jy die evangelie van Jesus Christus aanvaar en lewe. As gevolg daarvan, groei jou liefde vir ander, asook jou begeerte dat hulle dieselfde geluk ondervind as wat jy ondervind.

Een voorbeeld van daardie verandering is hoe jy die kans verwelkom om te help met die Here se sendingwerk. Voltydse sendelinge leer gou dat hulle ʼn warm reaksie van ʼn ware bekeerling kan verwag wanneer hulle ʼn aanvraag maak vir ʼn verwyssing. Die bekeerde smag vir hul vriende en familie lede om in hul vreugde te deel.

Wanneer jou wyk sendingleier of sendelinge vra vir name van iemand om te onderrig, is dit ʼn groot kompliment vir jou. Hulle weet dat vriende jou geluk gesien het en daarom is daardie vriende voorberei om die evangelie te hoor en om te kies om dit te aanvaar. En hulle het selfvertroue dat jy die vriend sal wees wat hulle sal benodig soos hulle die koningkryk binnekom.

Jy het nie nodig om bang te wees dat jy vriende sal verloor deur die sendelinge uit te nooi om hulle te ontmoet nie. Ek het vriende wat die sendelinge verstoot het, maar my vir baie jare lank bedank het vir die aanbod aan hulle van iets wat hulle geweet het baie kosbaar is vir my. Jy kan vriende vir ewig maak deur die evangelie aan te bied, wat hulle sien jou geluk gebring het. Moet nooit ʼn geleentheid mis om ʼn vriend en veral ʼn familielid uit te nooi om te kies om die plan van geluk te volg nie.

Daar is geen groter geleentheid vir daardie uitnodiging as in die tempels van die Kerk nie. Daar kan die Here die ordinansies van saligheid aan ons voorouers bied, wie dit nie in hierdie lewe kon ontvang nie. Hulle kyk neer op jou met liefde en hoop. Die Here het belowe dat hulle die geleentheid sal hê om in Sy koningkryk in te kom (sien L&V 137:7–8),en Hy het ʼn liefde vir hulle in jou hart ingeplant.

Baie van julle het vreugde gevoel deur die ordinansies van die tempel aan ander te bied, net soos wanneer jy name van mense vir die sendelinge gee om te ontmoet. Jy het ʼn groter vreugde gevoel deur ordinansies vir jou voorouers te doen. Dit was aan die Profeet Joseph Smith geopenbaar dat ons ewige geluk moontlik is alleenlik as ons die weg na daardie seëning aan ons voorouers bied deur plaasvervangende tempel ordinansies. (sien L&V 128:18).

Kersfeestyd draai ons harte na die Verlosser en na die vreugde wat Sy evangelie ons gebring het. Ons wys ons dankbaarheid aan Hom die beste deur daardie geluk aan ander te bied. Dankbaarheid word vreugde soos ons name aan sendelinge voorstel en soos ons die name van ons voorouers na die tempel toe neem. Daardie bewyse van dankbaarheid kan vriende en families maak wat vir ewig duur.

Onderwys uit Hierdie Boodskap

President Eyring verduidelik dat ons dankbaarheid aan die Verlosser kan wys deur die evangelie met ander te deel. Jy kan met diegene wie jy onderrig bespreek hoe die geskenk van die evangelie hulle lewens geseën het. Oorweeg dit om hulle uit te nooi om biddend diegene te identifiseer met wie hulle graag die geskenk van die evangelie wil deel en hoe hulle dit sal doen.