2013
Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Die Eniggebore Seun
Desember 2013


Vroue Besoek boodskap, Desember 2013

Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Die Eniggebore Seun

Studeer hierdie materiaal biddend en streef om te weet wat om te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy waak deur vroue besoek? Vir meer informasie, gaan na reliefsociety.lds.org.

Beeld
Verligting Vereniging seël

Geloof, Familie, Verligting

Ons Verlosser, Jesus Christus, word die Eniggebore Seun genoem omdat Hy die enigste persoon op aarde is wat gebore is met ʼn sterflike moeder en ʼn onsterflike Vader. Hy het goddelike Vermoë van God, Sy Vader, geërf. Van Sy moeder, Maria, het Hy sterflikheid geërf en was onderwerp aan honger, dors,moegheid, pyn en dood.1

Omdat Jesus Christus die Eniggebore van die Vader is, was Hy instaat om Sy lewe neer te lê en dit weer op te neem. Die skrifture leer ons dat “Deur die versoening van Christus, ons “ʼn opstanding verkry” (Jakob 4:11). Ons leer ook dat almal “opgewek mag word tot onsterflikheid tot die ewige lewe as ons “sal glo” (L&V).

Soos ons meer volledig verstaan wat dit beteken vir Jesus om die Eniggebore Seun van die Vader te wees, sal ons geloof in Christus vergroot. Ouderling D. Todd Christofferson van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê, “Geloof in Jesus Christus is die oortuiging en versekering van (1) Sy status as die Eniggebore Seun van God, (2) Sy oneindige Versoening, en (3) Sy letterlike Opstanding.”2 Moderne profete het getuig: “[Jesus Christus] was … die Eniggebore Seun in die vlees, die Verlosser van die wêreld.”3

Uit die Skrifture

Johannes 3:16; Leer en Verbonde 20:21–24; Moses 5:6–9

Uit Ons Geskiedenis

In die Nuwe Testament lees ons van vroue, benoem en naamloss, wat geloof in Jesus Christus beoefen het, Sy leringe geleer en gelewe het, en wat getuig het van Sy ministerie, wonderwerke, en majesteit. Hierdie vrouens het voorbeeldige dissipels en belangrike getuies in die werk van saligheid geword.

Byvoorbeeld, Martha het ʼn sterk getuienis oor die Verlosser se goddelikheid gelewer toe sy vir Hom gesê het, “Ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom (Johannes 11:27).

Party van die vroegste getuienisse van die Verlosser se goddelikheid was sy moeder, Maria, en haar niggie Elizabet. Net na die engel Gabriel Maria besoek het, het sy Elizabet besoek. Sodra Elizabet Maria se groet gehoor het, was “sy gevul met die Heilige Gees” (Lukas 1:41) en sy het getuienis gelewer dat Maria die moeder vir die Seun van God sou word.

Notas

  1. Sien Evangelie Prinsiepe (2009), 52–53.

  2. D. Todd Christofferson, “Bou Geloof in Christus,” Liahona, Sept. 2012, 13.

  3. “Die Lewende Christus: Die Getuienis van die Apostels,” Liahona, Apr. 2000, 2–3.

Wat Kan Ek Doen?

  1. Hoekom is dit belangrik vir my om die rolle van Jesus Christus te verstaan?

  2. Hoe kan ons geloof vermeerder soos ons ons verbonde onderhou?