2014
Die Beste Tyd om ‘n Boom te Plant
Januarie 2014


Eerste Presidentskap Boodskap, Januarie 2014

Die Beste Tyd om ‘n Boom te Plant

Beeld
President Dieter F. Uchtdorf

In antieke Rome was Janus die god van ‘n nuwe begin. Hy was dikwels uitgebeeld met twee gesigte—een wat terug kyk in die verlede, die ander een wat in die toekoms in kyk. Sommige tale het die maand van Januarie na hom vernoem, omdat die begin van die jaar ‘n tyd was vir refleksie asook beplanning.

Duisende jare later hou baie kulture aan met die tradisie van resolusies maak vir die nuwe jaar. Natuurlik is die maak van resolusies maklik—maar om hulle te vervul is ‘n hele ander storie.

Een man wat ‘n lang lys nuwejaarsvoorneme gemaak het, het redelik goed gevoel oor sy vordering. Hy het gedink, “So ver het ek by my dieet gehou, ek het nog nie my humeur verloor nie, ek het gehou by my begroting en ek het nog nie een keer oor my bure se hond gekla nie. Maar vandag is die 2de Januarie, die alarm het sopas af gegaan en dis tyd dat ek uit die bed kom. Dit gaan ‘n wonderwerk vat om my segetog vol te hou.”

Om oor te Begin

Daar is iets oor ‘n nuwe begin wat ongelooflike hoop verskaf. Ek veronderstel dat almal van ons een of ander tyd met ‘n skoon blaadjie wou begin.

Ek is lief daarvoor om ‘n nuwe rekenaar te kry met ‘n skoon hardeskyf. Vir ‘n sekere tyd werk hy perfek. Maar soos die dae en weke verby gaan en meer en meer programme geïnstalleer word (sommige opsetlik, ander nie so opsetlik nie), uiteindelik begin die rekenaar vas hak, en dinge wat hy vinnig en effektief kon doen, word traag. Soms werk hy glad nie. Om hom te kry om te begin, word ‘n sleurwerk soos die hardeskyf gevul word met diverse chaos en elektroniese oorskot. Daar is tye wanneer die enigste uitweg die herformulering van die die rekenaar is en om weer te begin.

Die mens kan eweneens net so deurmekaar word met vrese, onsekerheid en lastige skuld gevoelens. Die foute wat ons gemaak het (opsetlik en onopsetlik) kan swaar op ons weeg tot dit te moeilik mag lyk om te doen wat ons weet reg is.

In die geval van sonde, is daar ‘n wonderlike her-formulerings proses wat bekering genoem word, wat ons toelaat om ons interne hardeskywe skoon te maak en ontslae te raak van die laste wat ons harte ‘n warboel maak. Die evangelie, deur die wonderbaarlike en barmhartige Versoening van Jesus Christus, wys ons hoe om ons siele te reinig van die vlekke van sonde en weer nuut, suiwer en so onskuldig soos ‘n kind te word.

Somtyds is daar ander dinge wat ons vertraag en ons terug hou, wat onproduktiewe gedagtes en aksies veroorsaak, wat dit moeilik maak om te begin.

Om die beste in ons uit te bring

Om doelwitte te stel is ‘n waardige taak. Ons weet dat ons Hemelse Vader doelwitte het, want Hy het gesê dat Sy werk en heerlikheid is “om die onsterflikheid en ewige lewe van die mensdom te weeg te bring” (Moses 1:39).

Ons persoonlike doelwitte kan die beste uit ons bring. Nietemin, een van die dinge wat ons ontspoor in ons pogings om resolusies te maak en te hou, is om hulle uit te stel. Ons vertraag soms ons begin en wag vir die regte oomblik om te begin—die eerste dag van ‘n nuwe jaar, die begin van somer, wanneer ons geroep word as Biskop of Verligtings Vereniging President, na al die kinders in die skool is, nadat ons aftree.

Jy het nie ‘n uitnodiging nodig om in die rigting van jou regmatige doelwitte te beweeg nie. Jy hoef nie vir toestemming te wag om die persoon te word wat jy gemaak is om te word nie. Jy hoef nie te wag tot jy uitgenooi word om te dien in die Kerk nie.

Ons kan soms jare mors deur te wag om gekies te word. (Sien L&V 121:34–36) Maar dit is ‘n vals veronderstelling. Jy is al klaar gekies!

In sekere tye van my lewe het ek slaaplose nagte gehad omdat ek geworstel het met kwessies, bekommernisse, of persoonlike smart. Maar dit maak nie saak hoe donker die nag is nie, ek word altyd aangemoedig deur die gedagte: in die oggend sal die son weer op kom.

Met elke nuwe dag, kom ‘n nuwe dagbreek—nie net vir die aarde nie, maar vir ons ook. En met ‘n nuwe dag kom ‘n nuwe begin—’n kans om weer te begin.

Maar wat gebeur as ek misluk?

Soms is die ding wat ons terug hou, vrees. Ons mag dalk bang wees dat ons onsuksesvol sal wees, dat ons suksesvol sal wees, dat ons miskien verneder mag word, dat sukses ons sal verander, of dat dit die mense wat ons lief het sal verander.

En so wag ons. Of ons gee op.

Nog ‘n ding wat ons moet onthou wanneer ons doelwitte stel is: Ons sal amper definitief misluk—ten minste in die kort termyn. Maar ons moet nie toelaat dat dit ons afskrik nie, ons kan bemagtig word, want deur dit te verstaan, verwyder dit die druk om nou perfek te wees. Dit laat ons erken, van die begin af, dat een of ander tyd ons kort gaan kom. Om dit te weet van die begin af verwyder baie van die verbasing en ontmoediging van mislukking.

Wanneer ons ons doelwitte so benader, hoef mislukking ons nie te beperk nie. Onthou, al kom ons nie ontmiddelik by ons uiterste, gewenste bestemming uit nie, het ons vordering gemaak op die pad wat ons daarheen sal lei.

En dit maak saak—dit beteken baie.

Al mag ons dalk nie die eindpaal haal nie, net die feit dat ons volhard het in ons reis maak ons beter as wat ons was.

Die Beste Tyd om te Begin Is Nou

‘n Ou gesegde sê, “Die beste tyd om ‘n boom te plant is 20 jaar gelede. Die tweede beste tyd is nou.”

Daar is iets wonderlik en vol hoop in die woord nou. Daar is iets bemagtiggend in die feit dat as ons nou besluit, dan kan ons nou in dié oomblik vorentoe beweeg.

Nou is die beste tyd om te begin om die persoon te word wat ons eventueel wil wees—nie net 20 jaar van nou af nie, maar vir ewigheid.

Onderig uit Hierdie Boodskap

President Uchtdorf verduidelik dat wanneer ons daarin misluk om ons doelwitte te bereik, “ons bemagtig kan word. … Al mag ons dalk nie die eindpaal haal nie, net om aan te hou met die reis sal ons beter maak as wat ons was.” Vra familie lede om ondervindinge te deel waar hulle meer geleer het uit die proses as die uitkoms, soos byvoorbeeld om te matrikuleer of om ‘n toekenning te ontvang.