2014
Dien die Here met Liefde
Februarie 2014


Eerste Presidensie Boodskap, Februarie 2014

Dien die Here met Liefde

Beeld
President Thomas S. Monson

Die Heer Jesus Christus het ons geleer, “ elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red” (Lukas 9:24).

“Ek glo,” het President Thomas S. Monson gesê, “dat die Redder vir ons sê dat tensy ons onsself in diens aan ander verloor, daar min betekennis in ons lewens is. Die wat net vir hulself lewe verkrompel en verloor figuurlik hul lewens, terwyl die wat hulle lewens in die diens van ander verloor, groei en floreer — en in effek hul lewens red.”1

In die volgende uittreksel van President Monson se bediening, herinner hy Laaste-dae Heiliges dat hulle die Here se hande is en dat die seëninge van die ewigheid vir diegene wag wat getrou ander dien.

Diens in die Tempel

“Goeie diens word gegee wanneer ons plaasvervangende ordinansies uitvoer vir die wat aan die anderkant van die sluier is. In baie gevalle ken ons nie die persone vir wie ons die werk uitvoer nie. Ons verwag nie ‘n dankie nie, en ons het ook nie die sekerheid dat hulle gaan aanvaar wat ons offer nie. Nietemin, dien ons, en in die proses bereik ons dit wat net kom deur harde werk: ons word letterlik redders op Berg Sion. Net soos ons Redder Sy lewe opgegee het as ‘n plaasvervangende offer vir ons, so moet ons in ‘n klein mate, dieselfde doen wanneer ons volmag werk in die tempel doen vir hulle wat geen manier het om vorentoe te beweeg nie, tensy iets vir hulle gedoen word deur ons hier op aarde.”2

Ons is die Here se Hande

“ My broeders en susters, ons is omring deur mense wat ons aandag, ons aanmoediging, ons ondersteuning, ons vertrooosting en ons vriendelikheid benodig, of hulle familie lede, vriende, kennisse of vreemdelinge is. Ons is die Here se hande hier op aarde, met die opdrag om te dien en Sy kinders op te tel. Hy is afhanklik op elkeen van ons. …

“Die diens waarna ons almal geroep is, is die diens van die Here Jesus Christus.”3

Om te dien in die Here se Skaduwee

“In die Nuwe Wêreld, het die opgestaande Heer verklaar, ´julle weet die dinge wat julle moet doen in my kerk; want die werke wat julle my sien doen het, dit sal julle ook doen; want dit wat julle My sien doen het, naamlik dit sal julle doen` [3 Nefi 27:21].

“Ons seën ander soos ons dien in die skaduwee van ´Jesus van Násaret … Hy het die land deur gegaan en goed gedoen’ [Handelinge 10:38]. God seën ons om blydskap te vind deur ons Hemelse Vader te dien soos ons Sy kinders op aarde dien.”4

Die Behoefte om te Dien

“Ons moet die kans gegee word om te dien. Vir die lede wat weg gegly het van aktiwiteit of wat hulself terug hou en niebindend bly, kan ons biddend vir maniere soek om uit te ryk na hulle. Om hulle te vra om te dien in ‘n hoedanigheid mag dalk net die aansporing wees wat hulle nodig het om terug te keer na volle aktiwiteit. Maar die leiers wat kan help in die gevalle, is soms onwillig om dit te doen. Ons moet onthou dat mense kan verander. Hulle kan slegte gewoontes oorkom. Hulle kan van oortredinge bekeer. Hulle kan waardige draers van die priesterskap wees. En hulle kan die Here ywerig dien.”5

Doen ons alles wat ons moet?

“Die wêreld het ons hulp nodig. Doen ons alles wat ons moet? Onthou ons die woorde van President John Taylor: ‘As jy nie jou roepinge verheerlik nie, Sal God jou verantwoordelik hou vir diegene wat jy sou kon red as jy jou plig gedoen het’? Leerstellinge van die Presidente van die Kerk: John Taylor (2001), 164]. Daar is voete om te stabiliseer, hande om vas te hou, verstande om aan te moedig, harte om te inspireer, en siele om te red. Die seëninge van die ewigheid wag vir jou. Dit is jou voorreg om nie net ‘n toeskouer te wees nie, maar ‘n deelnemer in die fase van … diens.”6

Notas

  1. “Wat het ek vandag vir iemand anders gedoen?” Liahona,{ Nov. 2009, 85.

  2. “Tot ons weer ontmoet,” Liahona, Mei 2009, 113–14.

  3. “Wat het ek vandag vir iemand anders gedoen?” 86, 87.

  4. “Die Redder se Roeping om te Dien,” Liahona, Aug. 2012, 5.

  5. “Sien Ander soos Wat Hulle kan Wees,” Liahona, Nov. 2012, 68.

  6. “Gewillig en Waardig om te Dien,”Liahona, May 2012, 69.

  7. Leerstelling, Geen Groter Roeping” ‘n Hulp Handleiding vir Evangeliese Leerstelling (1999), 12

Onderrig uit Hierdie Boodskap

“As jy Christelike liefde het, sal jy beter voorbereid wees om onderrig te gee in die evangelie. Jy sal geïnspireer word om ander te help om die Redder te ken en om Hom te volg.”7 Oorweeg dit om te bid vir groter liefdadigheid vir diegene wie jy besoek. Soos jy Christelike liefde ontwikkel, sal jy beter bekwaam wees om te dien in betekenisvolle maniere, beide die Here en die wie jy onderrig.