2014
Die Heilige Missie van Jesus Christus: Die Goeie Herder
Februarie 2014


Vroue Besoek Boodskap, Februarie 2014

Die Heilige Missie van Jesus Christus: Die Goeie Herder

Studeer hierdie materiaal biddend en streef om te weet wat om te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy waak deur vroue besoek? Vir meer informasie, gaan na reliefsociety.lds.org

Jesus Christus, die Goeie Herder, het ons geleer:

“Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? …

“Ek sê vir julle, dat … net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer” (Lukas 15:4, 7).

Soos ons verstaan dat Jesus Christus die Goeie Herder is, sal ons begeerte vergroot om Sy voorbeeld te volg en die wat hulp benodig te dien. Jesus het gesê: “Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. … en Ek lê my lewe af vir die skape” (Johannes 10:14–15). Deur Christus se Versoening, sal nie een van ons ooit so verlore wees dat ons nie ons pad huis toe sal kan vind nie (sien Lukas 15).

President Thomas S. Monson het gesê, “ Dit is ons verantwoordelikheid om te sorg vir die kudde. … Mag ons almal nader staan om te dien.”1

Uit die Skrifture

Psalm 23; Jesaja 40:11; Mosia 26:21

Uit Ons Geskiedenis

Elizabeth Ann Whitney, wie die eerste Verligtings Vereniging vergadering by gewoon het, het van haar bekering in 1830 gesê: “Toe ek die Evangelie gehoor het soos die Ouderlinge dit verklaar het, het ek geweet dit is die stem van die Goeie Herder.”2 Elizabeth het die stem van die Goeie Herder gevolg en was gedoop en bevestig.

Ons kan ook die stem van die Goeie Herder hoor en Sy leerstellinge met ander deel. President Monson het gesê, “Ons is die Here se hande hier op aarde, met die mandaat om Sy kinders te dien en op te lig.”3

Net soos ‘n herder die verlore skape gaan soek, kan ouers hul kinders wat weg gedwaal het, soek. President James E. Faust (1920–2007), Tweede Raadgewer in the Eeerste Presidensie, het gesê: “Aan die hartseer ouers wie regverdig, ywerig en bidden is in die onderrig van hul ongehoorsame kinders, aan julle sê ons, die Goeie Herder waak oor hulle. God weet en verstaan jou diep smart. Daar is hoop.”4

Notas

  1. Thomas S. Monson, “Hemelse Wonings, Ewige Families” Liahona, Junie 2006, 70.

  2. Elizabeth Ann Whitney, in Dogters in My Koningkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Verligtings Vereninging (2011), 128.

  3. Thomas S. Monson, “Wat Het Ek Vandag vir Iemand Gedoen?” Liahona, Nov. 2009, 86.

  4. James E. Faust, “Dierbaar Is die Skape wat weg Gewonder het,” Liahona, Mei 2003, 68.

Wat Kan Ek Doen?

  1. Hoe kan die wete dat die Redder die Goeie Herder is, vrede in ons lewens bring?

  2. Op watter maniere kan ons diegene wat “ verlore” is van Kerk aktiwiteit en wie nie deel is van ons geloof nie, bedien?

  3. Hoe kan ek die ouers van kinders wat weg gedwaal het van die evangelie ondersteun?