2016
ʼn Fondasie vir My Getuienis
Februarie 2016


Jeug

ʼn Fondasie vir My Getuienis

Die skrywer woon in Idaho, VSA.

Toe ek 16 jaar oud was, het ʼn vriend met die sendelinge by my huis opgedaag. Binne die bestek van ʼn maand vanaf die eerste bespreking, het hulle al my vrae met helderheid beantwoord. Ek het gevoel hoe die Heilige Gees aangaande die waarheid van die boodskap van die Herstelling getuig het. Dit was soos niks wat ek nog ooit ervaar het nie, en ek het geweet dat alles van dit waar was.

Nieteenstaande het ek meer verwerping en teenstand as ooit tevore ervaar. Ek het alleen, moeg, en verward gevoel. As ek die regte ding doen, hoekom ondervind ek dan so baie teenstand? Ek kon nie verstaan hoe my beproewinge vir my ten goede kan wees nie. Die sendelinge het my geleer om te bid, selfs, in die middel van ʼn skool dag. Wanneer dinge te veel geword het, het ek my hart opgedra aan God, en onmiddelik die vertroosting van die Gees ondervind.

Die week van my doop was vol beproewing. My baas het gedreig om my in die pad te steek as ek nie my doop mis om vir ʼn kollega in te staan nie, ek het in die hospitaal beland met nierstene en my ouers het my gevra om ons huis te verlaat. Met so baie dinge buite my beheer het ek geen ander keuse gehad as om na die Here te keer.

Elke een van die beproewinge het tot my voordeel uitgedraai. Hulle het my gehelp om die leerstellings van die evangelie te leer wat ʼn fondasie gevorm het vir my getuienis.