2016
Land Veilig te midde van Onstuimigheid
Februarie 2016


Eerste Presidensie Boodskap, Februarie 2016

Land Veilig te midde van Onstuimigheid

Beeld
President Dieter F. Uchtdorf

ʼn Rukkie gelede was ek, en my vrou Harriet, by ʼn lughawe waar ons gekyk het na die landing van manjifieke vliegtuie. Dit was ʼn winderige dag, en sterk winde het teen die aankomende vliegtuie gewoed, wat veroorsaak het dat hulle gedurende hulle aanvlug, gekantel en gesidder het.

Terwyl ons die worsteling tussen die natuur en die masjiene aanskou het, het ek terug gedink aan my eie vlug opleiding en die beginsels wat ek daar geleer het—en wat ek later aan ander vlieëniers geleer het, tydens hul opleiding.

“Moenie met die kontroles baklei tydens onstuimigheid nie,” het ek altyd aan hulle gesê. “Bly kalm; moet nie oorreageer nie. Hou jou oë gefokus op die senterlyn van die aanloopbaan. Indien jy afwyk van jou verkose aanvlug pad, maak vinnige maar doelgerigte regstellings. Vertrou die potentiaal van jou vliegtuig. Ry die storm uit.”

Ervare vlieëniers verstaan dat hulle nie altyd die omstandighede om hulle kan beheer nie. Hulle kan nie net die die omstuimigheid afskakel nie. Hulle kan nie die reën of die sneeu laat verdwyn nie. Hulle kan nie veroorsaak dat die wind ophou waai nie, óf die rigting daarvan verander nie.

Maar hulle weet ook dat dit ʼn fout is om omstuimigheid of sterk winde te vrees—en om veral deur hulle ontsenu te word nie. Die manier om veilig te land onder gure omstandighede, is om so perfek as moontlik, op die regte rigting en sweef pad te bly.

Terwyl ek die vliegtuie een na die ander dopgehou het terwyl hulle hul finale aanvlugte gedoen het en die beginsels hersien het wat ek oor my baie jare as vlieënier geleer het, het ek gewonder of daar nie ʼn les hieruit geleer kan word vir ons daaglikse lewe nie.

Ons kan nie altyd die storms beheer wat die lewe in ons pad strooi nie. Partykeer gaan dinge net nie in ons guns nie. Ons kan geskud voel en rondgewaai word deur die onstuimigheid van teleurstelling, twyfel, angs, droefheid, en stres.

Gedurende hierdie tye is dit maklik om opgevang te word in alles wat verkeerd gaan om ons, en om ons probleme, die fokus van ons denke te maak. Die versoeking is om op die beproewing waardeur ons gaan, te fokus, eerder as om op die Verlosser en ons getuienis van die waarheid, te fokus.

Maar dit is nie die beste manier om deur die probleme in ons lewens te stuur nie.

Net soos wat ʼn ervare vlieënier nie sy fokus op die storm hou nie, maar eerder op die middel van die aanloopbaan en die korrekte landings punt hou, net so moet ons, ons fokus op die middelpunt van ons geloof—ons Verlosser, Sy evangelie, en Ons Hemelse Vader se plan—en op ons finale doel—om veilig terug te keer na ons hemelse bestemming, hou. Ons moet in God vertrou en, om op die pad van dissipelskap te bly, die fokus van ons inspanning, maak. Ons moet ons oë, harte, en denke daarop fokus, om so te lewe soos wat ons weet ons moet.

Deur ons geloof en vertroue in Hemelse Vader te toon deur met vreugde Sy gebooie te onderhou, sal vir ons vreugde en glorie bring. En as ons op die pad bly, sal ons deur enige onstuimigheid kom—dit maak nie saak hoe sterk dit mag blyk nie—en veilig na ons hemelse tuiste terug keer.

Óf die hemelruim rondom ons skoon is óf gevul is deur dreigende wolke, as dissiples van Jesus Christus, soek ons eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, wetende dat as ons dit doen, alles wat ons nog benodig uiteindelik voorsien sal word (sien Matthéüs 6:33).

Wat ʼn belangrikke lewens les!

Hoe meer ons behep word met ons probleme, ons worstelinge, ons twyfels, ons vrese, hoe moeiliker kan dinge word. Maar, hoe meer ons fokus op ons finale hemelse bestemming en op die vreugde wat kom deur die dissipels pad te wandel—God lief te hê, en ons naaste te dien—hoe meer waarskynlik is dit, dat ons suksesvol deur die tye van beproewing en onstuimigheid sal stuur.

Geliefde vriende, dit maak nie saak hoe hewig die winde van ons aardse lewens om ons loei nie, die evangelie van Jesus Christus sal altyd die beste pad wees om veilig in ons Hemelse Vader se koninkryk te land.

Onderrig uit Hierdie Boodskap

President Uchtdorf bemaan ons om in “God te vertrou en, om die fokus van ons inspanning te maak, om op die pad van dissipelskap te bly.” Oorweeg dit om diegene wat julle besoek te vra hoe hulle dit reg gekry het om gefokus te bly op “ons finale hemelse bestemming en op die vreugde wat kom deur die dissipels pad te wandel” in tye van beproewing. Nooi hulle uit om aan maniere te dink hoe hulle op hul getuienis en Christus kan fokus en biddend te besluit hoe hulle een of meer van hierdie idees in hulle lewens sal gebruik.