2017
Priesterskapmag deur die Gebooie te Onderhou
Junie 2017


Vrouebesoek-boodskap, Junie 2017

Priesterskapmag deur die Gebooie te Onderhou

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om inspirasie om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die doel van die Verligtingsvereniging dogters van God help om voor te berei vir die seëninge van die ewige lewe?

Beeld
Relief Society seal

Geloof Familie Verligting

“My boodskap aan … almal is dat ons elke uur kan lewe ‘geseënd deur die krag van priesterskapmag,’ wat ook al ons omstandighede,” het Ouderling Neil L. Anderson van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê.

“… Soos jy waardiglik deelneem aan die ordinansies van die priesterskap, sal die Here jou groter krag, vrede en ewige perspektief gee. Wat ook al jou situasie, jou huis sal ‘geseënd wees deur die krag van priesterskapmag.’”1

Hoe nooi ons priesterskapmag in ons lewens? Ouderling M. Russell Ballard van die Kworum van die Twaalf Apostels herinner ons dat “diegene wat die waters van die doop binnegaan en daarna hulle begiftiging in die huis van die Here ontvang, geregtig is op ryk en wonderlike seëninge. Die begiftiging is letterlik ʼn geskenk van krag … [en] ons Hemelse Vader is vrygewig met sy krag.” Hy herinner ons dat mans en vroue “beide met dieselfde krag begiftig word” in die tempel, “wat per definisie priesterskapmag is.” 2

Linda K. Burton, Verligtingsvereniging Algemene President, het gesê: “Omdat priesterskapmag iets is wat ons almal in ons families en huise wil hê, wat moet ons doen om daardie krag in ons lewens in te nooi? Persoonlike geregtigheid is onontbeerlik om priesterskapmag te hê.”3

“As ons onsself nederig voor die Here aanbied en Hom vra om ons te onderrig, sal Hy ons wys hoe om ons toegang tot sy mag te vermeerder,” het President Russell M. Nelson, President van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê.4

Bykomende Skrifture en Inligting

1 Nefi 14:14; Leer en Verbonde 121:36; 132:20; reliefsociety.lds.org

Notas

  1. Neil L, Anderson, “Power in the Priesthood,” Liahona, Nov. 2013, 92, 95.

  2. M. Russell Ballard, “Men and Women and Priesthood Power.” Liahona, Sept. 2014, 36.

  3. Linda K. Burton, “Priesthood Power—Available to All,” Liahona, Junie 2014, 21.

  4. Russel M. Nelson, “The Price of Priesthood Power,” Liahona, Mei 2016, 69.