2017
Dat Hulle Een Mag Wees
Julie 2017


Vrouebesoek-boodskap, Julie 2017

Dat Hulle Een Mag Wees

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om inspirasie om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die doel van die Verligtingsvereniging dogters van God help om voor te berei vir die seëninge van die ewige lewe?

Beeld
Relief Society seal

Geloof Familie Verligting

“Jesus het volmaakte eenheid met die Vader verkry deur Homself, beide vlees en gees, aan die wil van die Vader te onderwerp,” het Ouderling D. Todd Christofferson van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê.

“. … Ons sal sekerlik nie een met God en Christus kan wees totdat ons Hulle wil en belange ons grootste begeerte maak nie. Sulke onderwerping word nie in ʼn dag bereik nie, maar deur die Heilige Gees sal die Here ons onderrig, indien ons gewillig is, oor ʼn proses van tyd, sodat dit met akkuraatheid gesê kan word dat Hy in ons is soos die Vader in Hom is.”1

Linda K. Burton, Verligtingsvereniging Algemene President, het ons geleer hoe om na hierdie eenheid te werk: “Die maak en onderhouding van ons verbonde is ʼn uitdrukking van ons verbintenis om soos die Saligmaker te word. Die ideaal is om daarna te strewe om die houding te hê wat in ʼn paar frases van ʼn gunsteling gesang beskryf word: ‘Ek sal gaan waar U wil hê ek moet gaan … Ek sal sê wat U wil hê ek moet sê. … Ek sal wees wat U wil hê ek moet wees.’”2

Ouderling Christofferson herinner ons daaraan dat “soos ons dag vir dag en week vir week strewe om die pad van Christus te volg, bevestig ons gees sy oorheersing, die geveg binne ons bedaar en versoekings hou op om te pla.”3

Neill F. Marriott, Tweede Raadgewer in die Jongdames Algemene Presidensie getuig van die seëninge wat kom wanneer ons daarna strewe om ons wil met God se wil in lyn te bring: “Ek het gesukkel om die menslike begeerte om dinge op my manier te doen te verdryf, uiteindelik het ek besef dat my manier tog só kortsigtig, beperk en minderwaardig is teenoor die manier van Jesus Christus. ‘[Ons Hemelse Vader] se weg is die pad wat na geluk in hierdie lewe lei en die ewige lewe in die wêreld wat kom.’”4 Laat ons in nederigheid strewe om een met ons Hemelse Vader en sy Seun, Jesus Christus, te word.

Bykomende Skrifture en Inligting

Johannes 17:20–21; Efesiërs 4:13; Leer en Verbonde 38:27; reliefsociety.lds.org

Notas

  1. D. Todd Christofferson, “That They May Be One in Us,” Liahona, Nov. 2002, 73.

  2. Linda K. Burton, “The Power, Joy, and Love of Covenant Keeping,” Liahona, Nov. 2013, 111.

  3. D. Todd Christofferson, “That They May Be One in Us,” Liahona, Nov. 2002, 71.

  4. Neill F. Marriott, “Yielding Our Hearts To God,” Liahona, Nov. 2015, 32.