2018
Voorbereiding om God se Stem te Hoor
Maart 2018


Jeug

Voorbereiding om God se Stem te Hoor

President Uchtdorf verduidelik dat die eerste ding wat God gedoen het nadat hy man en vrou geskape het, was om met hulle te praat en hulle kosbare inligting en instruksies te gee. Ons kry daardie selfde seëning in April en Oktober tydens algemene konferensie wanneer Kerkleiers ons toespreek en ons leiding gee wat die Here wil hê ons moet hoor.

Het jy al ooit God se stem gehoor deur sy diensknegte tydens algemene konferensie? Het jy al ooit gevoel of een spesifieke boodskap jou die antwoord wat jy gesoek het gegee het? Jy kan daardie ondervinding en hoe dit jou gehelp het in ʼn joernaal neerskryf. Berei dan voor om die Here se stem hierdie komende konferensie te hoor deur vrae wat jy het neer te skryf en hulle gedurende jou skriftuurstudie te bestudeer. Bid tot Hemelse Vader en vra om antwoorde en insigte te ontvang gedurende konferensie. Terwyl jy na die dienaars van die Here luister, fokus op individuele influisteringe. Wat het jy geleer? Hoe het jy geïnspireerd gevoel om te verander? Skryf daardie influisteringe neer want dit is die Gees wat met jou praat!

Onthou altyd dat Hemelse Vader jou liefhet en jou in die regte rigting sal lei. As jy strewe om sy stem deur sy dienaars te hoor, sal jy geseënd en gestig word.