2021
Hoor, Slaan Ag en Gee Gehoor
Januarie 2021


“Hoor, Slaan Ag en Gee Gehoor,” Vir die Krag van die Jeug, Jan. 2021, 32.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Januarie 2021.

Hoor, Slaan Ag en Gee Gehoor

Uit ʼn April 2020 algemene konferensie praatjie.

Beeld
luister, lees, praat by die kansel

Illustrasies deur Guev Design

Die heel eerste woorde in die Leer en Verbonde is “slaan ag” (sien Leer en Verbonde1:1). Dit beteken “om te luister met die voorneme om gehoorsaam te wees.” Om ag te slaan beteken om “Hom te hoor”—om te hoor wat die Saligmaker sê en om dan sy raad te gehoorsaam. In daardie twee woorde—“Hoor Hom”—gee God ons die patroon vir sukses, geluk en vreugde in hierdie lewe. Ons moet die woorde van die Here hoor, ag slaan daarop, en gehoor gee aan wat Hy vir ons gesê het!

Waarheen kan ons gaan om Hom te hoor?

Ons kan na die skrifture gaan. Ons kan Hom ook in die tempel hoor. Ons hoor Hom ook duideliker wanneer ons ons vermoë verfyn om die fluisteringe van die Heilige Gees te herken. En, laastens sal ons Hom hoor wanneer ons die woorde van profete, sieners en openbaarders ter harte neem.

Wat sal gebeur wanneer jy meer doelbewus hoor, ag slaan en gehoor gee aan wat die Saligmaker gesê het en wat Hy nou deur sy profete sê? Ek belowe dat jy geseën sal word met bykomende krag om versoekings, worstelings en swakhede te hanteer. Ek belowe wonderwerke in jou gesinsverhoudings en daaglikse werk. En ek belowe dat jou vermoë om vreugde te ervaar sal toeneem, selfs al neem onstuimigheid in jou lewe toe.