2021
Hoe kan ek weet dat ek die Here se stem in my lewe hoor?
Februarie 2021


“Hoe kan ek weet dat ek die Here se stem in my lewe hoor?” Vir die Krag van die Jeug, Feb. 2021, 29.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Februarie 2021

Hoe kan ek weet dat ek die Here se stem in my lewe hoor?

Beeld
jong man wat skrifture lees

President Russell M. Nelson het ons genooi om “diep en dikwels te dink” oor hoe ons Jesus Christus hoor en om “stappe te doen om Hom beter en meer gereeld te hoor” (“‘How Do You #HearHim?’ A Special Invitation,” 26 Feb. 2020, blog.ChurchofJesusChrist.org).

Ons kan Hom hoor deur die skrifture en die woorde van die profete. Maar dit is nie net die aanhoor of lees van daardie woorde wat belangrik is nie. Die Here het deur die Profeet Joseph Smith verduidelik:

“Dit is my stem wat [hierdie woorde] spreek tot julle; want hulle word gegee deur my Gees aan julle … ;

“Daarom, julle kan getuig dat julle my stem gehoor het” (Leer en Verbonde 18:35–36).

Daarbenewens, om Hom te hoor is nie iets wat ons sporadies doen nie. President Nelson het gesê: “Dit verg bewustelike en konsekwente inspanning” (“Hoor Hom,” Apr. 2020 algemene konferensie [Ensign of Liahona, Mei 2020, 89]).

Terwyl julle studeer, bid, aanbid, dien en die Here se gebooie gehoorsaam, sal Hy julle seën met sy Gees en julle verander deur Jesus Christus se Versoening. Dan kan julle weet dat julle sy stem gehoor het.