2021
God Het Vir Ons Gesê dat Ons Gedoop Moet Word
Februarie 2021


“God Het Vir Ons Gesê dat Ons Gedoop Moet Word,” Liahona, Februarie 2021

Maandelikse Liahona-boodskap, Februarie 2021

God Het Vir Ons Gesê dat Ons Gedoop Moet Word

Jesus Christus het ʼn voorbeeld gestel om gedoop te word deur iemand met God se gesag.

Alhoewel ons nie veel besonderhede oor die persoonlike lewe van Jesus Christus het nie, weet ons wel dat Hy gedoop is toe Hy ongeveer 30 jaar oud was (sien Lukas 3:23). Hier is ʼn paar dinge wat ons van die doop leer deur sy voorbeeld.

Vir Elke Persoon

Hemelse Vader wil hê dat ons gedoop moet word as ons oud genoeg en volwasse genoeg is om die verskil tussen reg en verkeerd te kan verstaan (sien Leer en Verbonde 18:42). Jesus was volmaak, maar Hy het nog steeds gekies om gedoop te word om God se gebooie na te kom (sien Matthéüs 3:13–17; 2 Nefi 31:7). Selfs diegene wat alreeds gesterf het, kan die doop aanvaar. Ons bied dit aan hulle deur namens hulle in tempels gedoop te word. (Sien Leer en Verbonde 128:15–18.)

Beeld
doop

Deur Gesag Gedoen

Jesus is nie deur net enigiemand gedoop nie. Hy het spesifiek na sy neef Johannes gegaan wat die priesterskapsgesag van God gehad het. Nadat Jesus gesterf het en sy dissipels doodgemaak is, het daardie priesterskapsgesag van die aarde verlore gegaan. Toe, in 1829, het Johannes die Doper aan Joseph Smith verskyn en hom die gesag gegee om in God se naam te doop. As gevolg van daardie herstelling, kan ons vandag met dieselfde gesag gedoop word.

Beeld
herstelling van die Aäroniese Priesterskap

ʼn Tweerigting Belofte

Die doop sluit ʼn tweerigting belofte of verbond tussen ons en God in. Ons belowe:

  1. Om die Naam van Christus op onsself te neem.

  2. Om Hom altyd te onthou.

  3. Om sy gebooie te onderhou.

In ruil daarvoor belowe God dat sy Gees altyd met ons sal wees. Die woorde van die nagmaalsgebede herinner ons elke week aan hierdie verbond. (Sien Leer en Verbonde 20:77, 79.)

Beeld
familie in die nagmaaldiens

Die Ontvangs van die Heilige Gees Is ʼn Belangrike Deel van die Doop

Nadat Jesus gedoop is, het die Heilige Gees in die vorm van ʼn duif verskyn (sien 2 Nefi 31:8). Vandag, nadat mense gedoop word, word hulle bevestig. Dit beteken dat hulle ʼn spesiale seëning ontvang waarin hulle genooi word om die geestelike reinigende gawe van die Heilige Gees te ontvang (sien 2 Nefi 31:17). Die Heilige Gees kan ons waarsku teen gevaar, ons vertroos, ons lei om goeie besluite te neem en ons help om God se liefde te voel (sien Leer en Verbonde 39:6).

Beeld
vrou wat bevestig word

Ons Kan Altyd Bekeer

God het geweet dat ons foute sou maak. Ten spyte van ons beste pogings, sou ons sondig en te kort skiet om ons doopbeloftes na te kom. Daarom gee Hy vir elkeen van ons die kans om te bekeer. (Sien Leer en Verbonde 18:13.) Ons kan elke dag ons bes doen om verskoning te vra en reg te stel waar daar enige onregte was. Ons kan bid en God om vergifnis vra. Wanneer ons dan die nagmaal met ʼn nederige hart gebruik, kan ons die Heilige Gees met ons hê (sien 3 Nefi 18:11).

Beeld
vrou wat langs die bed bid

Wat Sê Die Skrifture van die Doop?

Ouers moet hulle kinders help om vir die doop voor te berei (sien Leer en Verbonde 68:25).

Diegene wat jonger as agt jaar oud is hoef nie gedoop te word nie (sien Moroni 8).

Wanneer ons gedoop word, belowe ons om te “treur met diegene wat treur; … diegene te troos wat vertroosting nodig het, en om te staan as getuies van God te alle tye en in alle dinge, en op alle plekke” (Mosia 18:9).