2021
Skryf Dit Neer
Julie 2021


“Skryf Dit Neer,” Vir die Krag van die Jeug, Julie 2021, 18–19.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Julie 2021

Skryf Dit Neer

Om jou gedagtes neer te skryf terwyl jy die skrifture bestudeer kan jou regtig help om te leer.

“Elke keer as ek die skrifture begin lees, raak ek aan die slaap!” het een sendeling vir sy sendingpresident vertel. “Dit is asof die skrifture ʼn slaappil is!”

Sy president het gereageer: “Neem jy ooit notas wanneer jy lees?”

“Nee,” het die sendeling gesê.

“Dis maklik om aan die slaap te raak of om jou gedagtes te laat dwaal wanneer jy lees,” het die president gesê, “maar dit is onmoontlik wanneer jy skryf byvoeg!”

Die advies wat hierdie sendingpresident aan sy sukkelende sendeling gegee het, het ʼn groot verskil gemaak. Dus, as jy ʼn nuwe manier soek om jou skriftuurstudie te versterk, probeer dit. Terwyl jy skryf oor wat jy lees, sal jy waarskynlik vind dat jy meer betrokke is en dat jy ook beter leer.

Hier is ʼn paar benaderings wat ons baie bruikbaar gevind het.

Broer Steven Lund:

Beeld
Steven Lund

Ek hou papier byderhand wanneer ek lees. Soos die Gees my lei gedurende my studie, skryf ek die prikkelings neer.

Ek het die idee by Ouderling Richard G. Scott (1928–2015) van die Kworum van die Twaalf Apostels gekry, wat gesê het: “Skryf die belangrike dinge wat jy van die Gees leer op ʼn veilige plek neer. Jy sal vind dat soos jy kosbare indrukke neerskryf, sal daar dikwels meer kom. Die kennis wat jy opdoen sal ook beskikbaar wees regdeur jou lewe” (“To Acquire Knowledge and the Strength to Use It Wisely,” Ensign, Junie 2002, 32).

Ek weet daardie woorde is waar. Wanneer ek praatjies en lesse voorberei, gaan ek nie net na die skrifture toe nie, maar ook na wat ek neergeskryf het terwyl ek hulle gelees het.

Broer Ahmad Corbitt:

Beeld
Ahmad Corbitt

Ek is lief daarvoor om spesifieke onderwerpe te bestudeer. Ek lees die skrifture van begin tot einde, maar ek hou ook daarvan om rond te spring en onderwerpe te bestudeer. Byvoorbeeld, ek sal die Gids tot die Skrifture gebruik om skrifture te vind oor geloof of die versameling van Israel. Dan neem ek nie net notas nie, maar ek skryf wat ek leer neer om seker te maak ek verstaan dit regtig. Ek is altyd verbaas oor hoe ek dinge baie beter verstaan wanneer ek dít doen. Ek kies ook sekere skrifture om te memoriseer.

Broer Bradley Wilcox:

Beeld
Bradley Wilcox

Ek hou ʼn studiejoernaal waarin ek die skrifture in my eie woorde skryf. Byvoorbeeld, “Want die natuurlike mens is ʼn vyand van God” (Mosia 3:19) word “Want die trotse en onbekeerde man kies om ʼn vyand van God te wees, maar God is nie sy vyand nie. God is sy beste vriend.”

Ek skryf ook vrae neer. Hulle kan vrae wees waaroor ek dink voor ek lees, of hulle kan vrae wees wat aangevuur word deur wat ek lees. Hoe dit ook al sy, dit hou my gefokus.

Die Krag van jou Gedagtes Neerskryf

Elkeen van ons in ons presidensie bestudeer die skrifture verskillend, maar ons almal skryf terwyl ons dit doen!

Lees help ons om gedagtes en gevoelens te internaliseer. Dit is belangrik. En wanneer ons praat of skryf, ontdek en druk ons ons gevoelens van binne uit. Ons voel dat dit ons help om waarhede van die evangelie beter te verpersoonlik.

Een jong man het dié waarheid vir homself ontdek toe hy gevra is om ʼn praatjie in die nagmaaldiens te lewer. Hy het baie ander mense hoor praatjies gee, maar kon nie die besonderhede onthou nie. Hierdie keer was anders. Toe hy ʼn raamwerk vir sy eie praatjie geskryf het, het dit hom nie net gehelp om ʼn georganiseerde praatjie te lewer nie, maar hy het dit lank onthou.

Dieselfde kan in jou skriftuurstudie gebeur. As jy aan die slaap raak wanneer jy jou skrifture oopmaak, is dit tyd om wakker te skrik. Probeer ʼn potlood, pen, foon, of rekenaar uithaal en begin skryf. Jy sal verbaas wees oor die verskil wat dit kan maak!