2021
Familiegeskiedenis Help Ons Voorouers
Desember 2021


“Familiegeskiedenis Help Ons Voorouers,” Liahona, Desember 2021

Maandelikse Liahona-boodskap, Desember 2021

Familiegeskiedenis Help Ons Voorouers

Familiegeskiedenis is om ons familielede te ontdek en omtrent hulle te leer. Ons versamel ook inligting oor ons voorouers sodat ons tempelwerk vir hulle kan doen.

Beeld
alt text

Families is sentraal tot Hemelse Vader se plan van geluk. Hy het ʼn weg voorberei vir families om vir ewig voort te duur. Wanneer ons ons familiegeskiedenis en tempelwerk doen, help ons om ons familielede, beide lewend en dood, te verenig. (“Tempelwerk” beteken om tempelordinansies vir onsself te ontvang, soos om aan ons huweliksmaat verseël te word, sowel as om ordinansies vir ons voorouers in die tempel te doen.)

Familiegeskiedenis en Tempelwerk

Elke persoon wat al op aarde gelewe het of sal lewe, benodig die ordinansies van die evangelie. As ons voorouers nie daardie geleentheid gehad het nie, kan ons ordinansies vir hulle in die tempel doen. Een van daardie ordinansies is om aan familielede verseël te word. Om “verseël” te wees, beteken dat ons in staat sal wees om vir ewig met ons families te kan leef as ons regverdig is. Ons kan slegs in tempels aan ons families verseël word.

Seëninge van Familiegeskiedeniswerk

Beeld
familie

Familiegeskiedenis kan ons help om ons verhoudinge met ons lewende familielede te versterk. Wanneer ons stories, foto’s en ander herinneringe met mekaar deel, smee ons familiebande. Ons versterk ook die liefde wat ons vir mekaar het. Profete het ook belowe dat om aan ons familiegeskiedenis te werk, ons nader aan Jesus Christus sal bring.

Om Ons Voorouers te Vind

Beeld
rekords in Sjinees

Hemelse Vader wil hê dat ons aan ons huidige families en aan ons voorouers verseël moet wees. Voordat ons aan ons voorouers verseël kan word, moet ons hulle vind en dan die inligting oor hulle bewaar. Maar familiegeskiedenis is meer as net om name, datums en plekke na te vors. Wanneer ons omtrent ons voorouers leer, sal ons meer aan hulle verbind voel.