2022
Die Nagmaal: ʼn Manier om die Saligmaker te Onthou
April 2022


“Die Nagmaal: ʼn Manier om die Saligmaker te Onthou,” Liahona, Apr. 2022.

Maandelikse Liahona-boodskap, April 2022

Die Nagmaal: ʼn Manier om die Saligmaker te Onthou

Beeld
placeholder altText

The Last Supper [Die Laaste Avondmaal], deur Simon Dewey

Die aand voordat Hy gekruisig is, het Jesus Christus saam met sy Apostels vir die Laaste Avondmaal byeengekom. Daar het Hy die nagmaal vir die eerste keer aan hulle gegee. Hy het verduidelik dat dit ʼn manier is vir hulle om Hom te onthou. Die nagmaal is ʼn ordinansie waar ons brood en water gebruik om Christus se Versoening te onthou. Die brood verteenwoordig Christus se liggaam en die water verteenwoordig sy bloed.

Ons gebruik die nagmaal elke Sondag gedurende die nagmaaldiens. Ons sing ʼn gesang terwyl priesterskaphouers die brood in klein stukkies breek.

Die priesterskaphouers wat die brood gebreek het, sê spesiale gebede. Hierdie gebede word in Leer en Verbonde 20:77, 79 gevind. Die gebede herinner ons aan wat ons Hemelse Vader belowe het en wat Hy ons belowe het.

Ander priesterskaphouers bedien die nagmaal aan die wyks- of taklede. Terwyl ons die nagmaal gebruik, onthou ons die Saligmaker en sy opoffering vir ons. Ons onderneem ook weer om die verbonde (beloftes) wat ons met Hemelse Vader gesluit het, na te kom.

Beeld
meisie wat brood tydens die nagmaaldiens neem

Ons is eerbiedig terwyl die nagmaal geseën en bedien word. Dit is ʼn tyd vir ons om na te dink oor Jesus Christus se lewe, leringe en Versoening. Ons kan ook dink oor hoe ons sy voorbeeld kan volg.