2022
Hoekom Ons Tiendes Betaal
Desember 2022


“Hoekom Ons Tiendes Betaal,” Liahona, Des. 2022.

Maandelikse Liahona-boodskap, Desember 2022

Hoekom Ons Tiendes Betaal

Beeld
opgestapelde muntstukke

Lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae gee een tiende van hulle inkomste aan die Kerk. Dit word ʼn tiende genoem. Die geld word gebruik om die werk van die Kerk dwarsdeur die wêreld uit te voer.

Wat Is Tiendes?

Een van God se gebooie is om ʼn tiende, wat een-tiende van ons inkomste is, aan sy Kerk te betaal. Wanneer ons tiendes betaal, toon ons ons dankbaarheid teenoor God vir ons seëninge. Ons wys dat ons op die Here vertrou en dat ons bereid is om Hom in alles te gehoorsaam.

Beeld
mense bring goedere na Melgisédek as betaling van tiendes

Melchizedek—Keeper of the Storehouse [Melgisédek—Bewaarder van die Voorraadskuur], deur Clark Kelley Price

Ou-Testamentiese Leerstellings

God se volk het tiendes betaal sedert die Ou Testamentiese tye. Abraham het byvoorbeeld tiendes betaal (sien Génesis 14:18–20). Die wet van tiendes is ook deur eertydse profete geleer, insluitende Moses en Maleági (sien Levitikus 27:30–34; Nehemía 10:35–37; Maleági 3:10).

Herstelling van die Wet van Tiendes

In 1838 het die profeet Joseph Smith die Here gevra hoe Kerklidmate tiendes moet betaal. Die Here se antwoord is opgeteken in Leer en Verbonde 119, wat sê dat lidmate ʼn tiende van hul rente aan die Kerk moet gee (sien vers 4). Kerkleiers het geleer dat “rente” inkomste beteken.

Beeld
mense skud hande terwyl die een ʼn koevert aan die ander gee

Foto deur Jamie Dale Johnson

Hoe om Tiendes te Betaal

Ons kan tiendes betaal deur die aanlyn donasievorm in te vul by donations.ChurchofJesusChrist.org. Of ons kan ʼn papiervorm invul en die geld aan ʼn lid van die bisdom of takpresidensie gee. Al die geld word na die Kerkhoofkwartier gestuur, waar Kerkleiers (die Eerste Presidensie, Kworum van die Twaalf Apostels en Presiderende Bisdom) biddend besluit hoe dit gebruik sal word.

Seёninge

Die Here het belowe dat diegene wat tiendes betaal, tydelik en geestelik geseën sal word. Tiendes seën ook al God se kinders met die geleentheid om van Hom te leer en in die evangelie te groei.

Beeld
Salt Lake-tempel

Hoe Tiendefondse Gebruik Word

Tiendegeld word gebruik om die Here se Kerk regoor die wêreld op te bou. Dit sluit in die bou van tempels en ander Kerkstrukture, die druk van skrifture en ander materiaal, die befondsing van opvoedkundige inrigtings wat die Kerk besit en hulp met familiegeskiedenis en sendingwerk.

Tiende-verklaring

Kerklidmate vergader een keer per jaar met hul biskop (of takpresident) om hom te vertel of hulle volle-tiende betalers is.

Waarvoor Tiendes Betaal

Beeld
Oakland Kalifornië-tempel

Foto van die Oakland Kalifornië-tempel deur Longin Lonczyna Jr.

Beeld
kopieë van die Boek van Mormon in verskeie tale
Beeld
kerkgebou