2022
Die Baie Name van Jesus
Desember 2022


“Die Baie Name van Jesus,” Maandelikse Vriend-boodskappe, Desember 2022

“Die Baie Name van Jesus”

Maandelikse Vriend-boodskappe, Desember 2022

Die Baie Name van Jesus

Beeld
Eségiël besig om te skryf

Illustrasies deur Apryl Stott

Baie profete het oor Jesus Christus geleer. Hulle het gesê dat Hy gebore sou word om ons te wys hoe om te lewe. Hulle het baie name gebruik om oor Hom te leer.

Beeld
Die Bybel en die Boek van Mormon

Jesus word soms Immanuel in die skrifture genoem. Die naam beteken “God met ons”.

Beeld
druk van die Bybel op eerste drukpers

Jesus word ook die Messias genoem. Messias beteken “die gesalfde”. Jesus het vir ons gesterf sodat ons weer met God kan lewe.

Beeld
Joseph Smith vertaal die Boek van Mormon met Emma as skrywer

Jesus is ons Saligmaker. Hy red ons van ons sondes en die dood.

Beeld
Jesus Christus
Beeld
familie wat die skrifture lees

ʼn Ander naam vir Jesus is die Prins van Vrede. Wanneer ons bang of ontsteld is, kan Hy ons help om vrede deur die Heilige Gees te voel.

Beeld
kinders by ʼn man in rolstoel wat skrifture lees

Ek is lief vir Jesus Christus. Ek kan van sy lewe en liefde in die skrifture lees.

Inkleurbladsy

Ek is Lief vir Jesus Christus

Beeld
kinders en onderwysers in die Primêre Organisasie

Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Illustrasie deur Apryl Stott

Hoe wys jy jou liefde vir Jesus?