2013
Genees Asseblief My Hart
Maart 2013


Jeug

Genees Asseblief My Hart

Ten tye van die herdenking van my broer se dood, het ek terug gedink aan my tyd sedert sy afsterwe. Ek het nie net die verskriklike pyn onthou nie, maar ook die seëning wat God op my uitgestort het.

Ek kon nooit verstaan hoe mense kon sê, dat die dood van ‘n geliefde, seëninge kan bring nie. Ek kon nie verstaan hoe ek eenigsins vreugde en dankbaarheid kon voel, vir iets wat my só diep seer gemaak het nie. Daar was alhoewel een aand, wat my perspektief heeltemal verander het.

Ek het in die middel van die nag met ‘n sware hart wakker geword. Die pyn het my versmoor. Ek het op my knieë geval en snikkend tot my Hemelse Vader gebid. Ek is my hele lewe aangaande die Versoening en Jesus Christus se wonderbaarlike geneesings krag geleer. My geloof was nou beproef. Glo ek werklik? Ek het Hemelse Vader gevra om asseblief my hart te genees. Die pyn was te veel vir my om dit alleen te hanteer.

‘n Gevoel van vrede, vertroosting, en liefde het oor my hele wese gespoel. Ek het gevoel asof God my in Sy arms geneem het en besig was om my teen die verskriklikke pyn wat ek ondervind het, te beskerm. Ek het my broer nog steeds gemis, maar het alles met nuwe oë gesien. Daar was so baie wat ek uit hierdie ondervinding kon leer.

Ek weet dat die Here se liefde en vrede beskikbaar is. Ons hoef net deel te neem.