2013
Aktivering
Maart 2013


Vroue Besoeker Boodskap, Maart 2013

Aktivering

Bestudeer die materiaal met gebed, en waar van toepassing, bespreek dit met die susters wat jy besoek. Gebruik die vrae om jou te help om jou susters te versterk en om Vroue Vereeniging ‘n aktiewe deel van jou lewe te maak. Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Ons profeet, President Thomas S. Monson, het ons aangemoedig om “uit te ryk en diegene te red wat hulp nodig het en om hulle na hoër paaie en beter weë, te lig. … Dit is die Here se werk, en ons is op die Here se opdrag, … ons is geregtig tot die Here se hulp.1

“Baie jare gelede het LaVene Call en haar vroue besoeker metgesel ‘n minder-aktiewe sister besoek. Hulle het aan die deur geklop en ‘n jong moeder in haar japon gevind. Sy het siek gelyk, maar hulle het gou agter gekom dat haar probleem alkohol was. Die vroue besoekers het gesit en met die sukkelende jong moeder gepraat.

Nadat hulle weg is, het hulle gesê, “Sy is ‘n kind van God. Ons het ‘n verantwoordelikheid om haar te help.” Hulle het haar gereeld besoek. Elke keer kon hulle ‘n verandering, ten goede, sien en voel. Hulle het die suster gevra om Vroue Vereeniging by te woon. Alhoewel sy dit eers huiwerig bygewoon het, het sy dit mettertyd gereeld bygewoon. Na ‘n bietjie aanmoediging het sy en haar man en dogter begin om kerk dienste by te woon. Die man het die Heilige Gees aangevoel. Hy het gesê, “Ek gaan doen wat die biskop voorgestel het.” Hulle is nou aktief in die Kerk en is in die tempel geseël.2

Uit die Skrifture

3 Nefi 18:32; Leer en Verbonde 84:106; 138:56

Vanuit ons Geskiedenis

Om diegene wat afgewandel het te help om terug te keer na die evangelie van Jesus Christus toe, was nog altyd deel daarvan om ‘n Heilige van die Laaste Dae, en ‘n lid van die Vroue Vereeniging, te wees. President Brigham Young (1801–77) het gesê, “Laat ons medelye teenoor mekaar hê, … en laat diegene wat kan sien, die blindes lei, totdat hulle vir hulself kan sien.3

Eliza R. Snow, “tweede algemene president van die Vroue Vereeniging, het die susters in Ogden, Utah, VSA, se poging om mekaar te versterk, erken. Sy het gesê, “Ek is wel bewus dat ‘n groot deel geskenk word (in terme van diens) wat nooit die [rekord] boeke bereik nie.” Maar ons besef dat ‘n hemelse rekord gehou word van die susters se werk, soos wat hulle uitryk na diegene wie se harte al koud geword het, “President Joseph Smith het gesê dat hierdie organisasie gestig is om siele te red. … Nog ‘n boek word gehou van julle geloof, julle vriendelikheid, julle goeie werke, en woorde. … Niks sal verlore gaan nie.”4

Notas

  1. Thomas S. Monson, “Die Salige Roeping van Diens,” Liaona, Mei 2005, 55, 56.

  2. Brief aan die Vroue Vereeniging algemene presidensie vanaf die dogter van LaVene Call.

  3. Brigham Young, in Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Vroue Vereeniging (2011), 107.

  4. Eliza R. Snow, in Dogters in My Koninkryk, 83.

Wat Kan Ek Doen?

  1. Het ek die vrymoedigheid om ‘n minder-aktiewe suster te vra, om die Vroue Vereeniging saam met my by te woon?

  2. Voel die susters waarna ek omsien, gemaklik om my vrae oor die evangelie te vra?