2013
Vrede, Wees Stil
Maart 2013


Eerste Presidensie Boodskap, Maart 2013

Vrede, Wees Stil

Beeld
President Thomas S. Monson

Op ‘n dag ‘n paar jaar geleede, nadat ek sake by die kantoor afgehandel het, het ek ‘n sterk indruk ontvang om ‘n sekere ou weduweë te besoek, wat ‘n passient in ‘n ouetehuis in Salt Lake City was. Ek het reguit daarheen gery.

Toe ek by haar kamer kom, het ek dit leeg gevind. Ek het een van die verpleegsters gevra waar sy kon wees en is na die sitkamer area verwys. Ek het die duurbare weduweë daar gevind waar sy besig was om saam met haar suster en ‘n vriendin te kuier. Ons het ‘n aangename gesprek saam geniet.

Terwyl ons gesêls het, het ‘n man na die kamer se deur gekom om ‘n blikkie koeldrank uit die muntoutoemaat te verkry. Hy het na my gekyk en gesê, “Haai, jy is Tom Monson.”

“Ja,” het ek geantwoord. “En jy lyk soos ‘n Hemingway.”

Hy het erken dat hy Stephen Hemingway was, die seun van Alfred Eugene Hemingway, wat ‘n paar jaar gelede as my raadgewer gedien het, en wie ek geken het as Gene. Stephen het my verwittig dat sy vader in dieselfde instansie was en na aan die dood is. Gene het my naam uitgeroep, en die familie wou my al gekontak het, maar kon nie ‘n telefoon nommer vir my opspoor nie.

Ek het myself onmiddelik verskoon en saam met Stephen na die kamer van my voormalige raadgewer gegaan, waar van sy ander kinders byeen gekom het, sy vrou het ‘n paar jaar gelede al gesterwe. Die kinders het my ontmoeting met Stephen in die sitkamer area gesien as ‘n antwoord van ons Hemelse Vader af, op hulle intense begeerte dat ek hulle vader sou sien voor sy afsterwe en sy roepstem sou beantwoord. Ek het ook só daaroor gevoel, want as Stephen nie op daardie pressiese oomblik die kamer binne gekom het nie, sou ek nie geweet het dat Gene in die fasiliteit was nie.

Ons het aan hom ‘n seëning gegee. ‘n Gees van vrede het geheers. Ons het ‘n lieflike kuiertjie geniet, waarna ek vertrek het.

Die volgende oggend het ‘n telefoon oproep bevestig dat Gene Hemingway, slegs 20 minute nadat hy die seëning van my en sy seun af ontvang het, —afgesterwe het.

Ek het ‘n stille dank gebed aan ons Hemelse Vader gerig vir Sy leidende invloed, wat my beïndruk het om die ouetehuis te besoek en my na my liewe vriend Alfred Eugene Hemingway gelei het.

Ek dink graag dat Gene Hemingway se gedagtes daardie aand — terwyl ons in die lig van die Gees gestaan het, in nederige gebed deel geneem het, en ‘n priesterskap seëning uitgespreek het — die woorde in die gesang “Meester, Die Storm Woed” weerklink het:

Talm, O geseënde Verlosser!

Laat my nie meer alleen,

En met vreugde sal ek die geseënde hawe beryk

En rus op die salige strand.

Ek is nog steeds lief vir daardie gesang en getuig van die troos wat dit offer:

Hetsy die toorn van die stormende see

Of bose geeste of mans of wat ook al dit mag wees,

Geen water kan die skip verswelg nie, waar lê

Die Meester van oseane en aarde en hemelruim.

Hul sal almal graag U wil nakom:

Vrede, wees stil.1

Deur die trane en beproewing, deur die vrese en verdriet, deur die hartseer en alleen wees wanneer ons geliefdes verloor, is daar versekering dat die lewe ewigdurend is. Ons Here en Verlosser is die lewend getuienis, dat dít só is.2 Sy woorde in heilige skrif is genoegsaam: “Wees stil, en weet dat Ek God is” (Psalm 46:10). Ek getuig aangaande hierdie waarheid.

Notas

  1. “Meester, die Storm Woed,” Gesange, nr. 105.

  2. Sien Richard L. Evans, “Laat Ons So Lewe om Verewig te Lewe,” New Era, Julie 1971, 18.

Onderrig uit Hierdie Boodskap

Hierdie boodskap kan iemand, wat ‘n geliefde verloor het, of diegene wat met beproewing worstel, vertroos. Dink daaraan om een van die volgende skrifture, bo en behalwe President Monson se boodskap, te deel, volgens die behoefdes van diegene wat jy besoek: Job 19:25–26; 1 Korinthiërs 15:19–22; Mosia 24:13–15; Leer en Verbonde 122:7–9. Indien geïnspireer, kan jy getuig van die vrede wat die Verlosser jou gegee het gedurende jou eie beproewinge.