2013
Hy Is Verrese
April 2013


Eerste Presidensie Boodskap, April 2013

Hy Is Verrese

Beeld
President Henry B. Eyring

‘N Getuie van die realiteit van die Opstanding van Jesus Christus is ‘n bron van hoop en beslistheid. En dit kán so wees vir elke kind van God. Dit was só vir my op ‘n somers dag in Junie 1969 toe my moeder afgesterwe het, dit wás in al die jare sedert haar afsterwe, en sál wees tot ek haar weer sien.

Die droefheid van die tydelike skeiding was onmiddelik met vreugde vervang. Dit was meer as net die hoop vir ‘n gelukkige reünie. Omdat die Here soveel deur Sy profete openbaar het en omdat die Heilige Gees die waarheid van die Opstanding aan my bevestig het, kan ek met my geestes oog sien hoe dit sal wees om met ons geheiligde en verrese geliefdes herenig te word.

“Dit is hulle wat sal opstaan met die opstanding van die opregtes. …

“Dit is hulle wie se name in die hemel opgeskryf is, waar God en Christus regter van almal is.

“Dit is hulle wat regverdiges is, volmaak deur Jesus die Middelaar van die nuwe verbond, wat hierdie volmaakte versoening bewerk het deur Sy eie bloed te stort” (D&C 76:65, 68–69).

Omdat Jesus Christus die bande van die dood gebreuk het, sal al die kinders van Hemelse Vader wat in die wêreld gebore word uit die dode opgewek word met ‘n liggaam wat nooit sal sterwe nie. Net so kan my en jou getuie van daardie glorieryke waarheid die angel van die dood verwyder met die verlies van ‘n geliefde familielid en dit met vreugdevolle afwagting en ferm beslistheid vervang.

Die Here het aan almal van ons die gawe van die opstanding gegee, waardeur ons geeste in liggame, wat vry is van fisiese onvolmaakthede, geplaas word (sien Alma 11:42–44). My moeder sal jonk en stralend voorkom, die effek van ouderdom en jare van fisiese lyding verwyder. Dit sal na haar en ons toe kom as ‘n geskenk.

Maar diegene van ons wat begeer om verewig saam met haar te wees moet besluite neem om te kwalifiseer vir daardie genootskap, om te lewe waar die Vader en Sy Geliefde Verrese Seun in glorie wandel. Dit is die enigste plek waar familie lewe vir ewig kan voortduur. ‘n Getuie van daardie waarheid het my vasberadenheid laat toeneem om myself en diegene vir wie ek lief is te kwalifiseer vir die hoogste toestand van heerlikheid deur die Versoening van Jesus Christus wat in ons lewens werk (sien L & V 76:70).

Die Here verskaf ons met ‘n gids in ons soeke na ewige lewe in die nagmaal gebede wat my help en wat aan julle hulp kan verleen. Ons word genooi om ons doops verbonde tydens elke nagmaal diens te hernu.

Ons belowe om die Verlosser ten alle tye te onthou. Die sinnebeelde van Sy opoffering help ons om die belangrikheid te waardeer van die prys wat Hy betaal het om die bande van die dood te breek, om Sy genade te offer, en om vergifnis vir al ons sondes aan te bied indien ons verkies om te bekeer.

Ons belowe om Sy gebooie te onderhou. Deur die skrifture en die woorde van die lewende profete te lees en na geïnspireerde sprekers in ons nagmaal dienste te luister herinner ons aan ons verbonde om dit te doen. Die Heilige Gees bring tot ons denke en harte daardie gebooie wat ons daardie dag die meeste moet onderhou.

In die nagmaal gebede belowe God om die Helige Gees te stuur om saam met ons te wees (sien Moroni 4:3; 5:2; L & V 20:77, 79). Ek het gevind dat God my in daardie oomblik kan gee wat voel soos ‘n persoonlike onderhoud. Hy bring tot my aandag dit wat ek gedoen het wat Hom bly maak, my behoefte om te bekeer en vergifnis te ontvang, en die name en gesigte van mense wat Hy wil hê Hom moet dien.

Oor die jare, het hierdie herhaalde ondervinding hoop in liefdadigheid verander en aan my die versekering gebring dat genade vir my deur die Verlosser se Versoening en Opstanding ontsluit is.

Ek getuig dat Jesus die Verrese Christus is, ons Verlosser, en ons perfekte voorbeeld en gids tot ewige lewe.

Onderig uit Hierdie Boodskap

Ons moet “alle skrifture [toepas] op ons, sodat dit tot ons voordeel en lering mag wees” (1 Nefi 19:23). Oorweeg dit om die nagmaal gebede te lees, soos gevind in Leer en Verbonde 20:76–79. Nadat jy die leerstellinge van President Eyring aangaande die nagmaal gebede aan diegene wat jy besoek geleer het, wil jy hulle dalk uitnooi om te dink aan maniere hoe die gebede hulle in hul lewens kan lei en hulle kan help om terug te keer en weer in die teenwoordigheid van Hemelse Vader en Jesus Christus te lewe.