2013
Tempel Verbonde
April 2013


Vroue Besoek Boodskap, April 2013

Tempel Verbonde

Bestudeer die materiaal biddend en, soos van toepassing, bespreek dit met die susters wat jy besoek. Gebruik die vrae om jou te help om jou susters te versterk en om Verligting Vereniging ‘n aktiewe deel van jou lewe te maak. Vir meer informasie, gaan na reliefsociety.lds.org.

Beeld
Verligting Vereniging seël

Geloof, Familie, Verligting

“Die verlossings ordinansies wat ons in die tempel ontvang wat ons toelaat om eendag na Hemelse Vader terug te keer in ‘n ewige familie verwantskap en om met seëninge en mag van bowe begunstig te word is waardig van ons totale opoffering en inspanning,”1 het President Thomas S. Monson gesê. As jy nog nie na die tempel toe gegaan het nie, kan jy voorberei om heilige tempel ordinansies te ontvang deur:

  • In Hemelse Vader, Jesus Christus, en die Heilige Gees te glo.

  • Om ‘n getuienis van die Versoening van Jesus Christus en die herstelde evangelie aan te kweek.

  • Die lewende profeet te ondersteun en te volg.

  • Te kwalifiseer vir ‘n tempel aanbeveling deur die betaling van tiendes, deur moreel ryn te wees, eerlik te wees, Die Woord van Wysheid te onderhou, en in harmonie met die leerstellinge van die Kerk te lewe.

  • Die gee van tyd, talente, en middele om te help om die Here se koninkryk op te bou.

  • Om deel te neem aan familie geskiedenis werk.2

President Monson het verder geleer, “Soos wat ons die verbonde onthou wat ons in [die tempel] gemaak het, sal ons elke beproewing beter kan hanteer en meer krag hê om elke versoeking te oorkom.”3

Uit die Skrifture

Leer en Verbonde 14:7; 25:13; 109:22

Uit Ons Geskiedenis

“Meer as 5,000 Heiliges het in die Nauvoo Tempel saamgedrom na die toewyding. …

“Die krag, mag, en seëninge van die tempel verbonde het die Heiliges van die Laaste Dae [ondersteun] gedurende hul trek [weswaarts], toe hulle koue, hitte, honger, armoede, siekte, ongeluk, en die dood [verduur] het.4

Soos baie ander Vroue Verligting susters, het Sarah Rich as ‘n tempel werker gedien. Sy het van haar ondervinding gepraat: “As dit nie vir die geloof en kennis wat op ons uitgestort was in daardie tempel deur … die Gees van die Here nie, sou ons trek gevoel het soos ‘n persoon wat ‘n sprong in die donker neem. … Maar ons het geloof in Hemelse Vader gehad, … wetende dat ons Sy uitverkore volk was … , en in plaas van verdriet, het ons gevoel om te jubel omdat die dag van ons verlossing aangebreek het.”5

Die exodus was nie “’n sprong in die donker” vir gelowige vroue van die Heiliges van die Laaste Dae nie. Hulle was onderhou deur hulle tempel verbonde.

Notas

  1. Thomas S. Monson, “Die Heilige Tempel—’n Baken vir die Wêreld,” Liahona, Mei 2011, 92.

  2. Sien Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Verligting Vereniging (2011), 21.

  3. Thomas S. Monson, Liahona, Mei 2011, 93.

  4. Dogters in My Koninkryk, 29–30.

  5. Sarah Rich, in Dogters in My Koninkryk, 30.

Wat Kan Ek Doen?

  1. Aanbid ek gereeld in die tempel?

  2. Moedig ek my susters aan om tempel seëninge te ontvang?