2013
Heiliges vir Alle Seisoene
September 2013


Eerste Presidentsie Boodskap, September 2013

Heiliges vir Alle Seisoene

Beeld
President Dieter F. Uchtdorf

Ek het herinneringe as kind oor ʼn deel van die wêreld wat as ʼn poskaart prent kon dien vir die verandering van seisoene van die jaar. Elke verbygaande maand was glorieryk en wonderlik. Gedurende ʼn perfekte winter’s dag, het ongerepte sneeu die berge en stad strate bedek. Lente het reinigende reën gebring en die ontploffing van groen gekleede lewe. Die lui lug van somer het gedien as ʼn aangename blou skildery vir die hitte van ʼn helder son. En asemrowende herfs, omskep die natuur in briljante skaduwees van oranje, geel en rooi. As kind, was ek lief vir elke seisoen, en is tot vandag toe lief vir die karakter en uniekheid van elke een.

Ons het ook seisoene in ons lewens. Party is warm en aangenaam. Ander is nie. Party van die dae in ons lewe is so pragtig soos prentjies in ʼn kalender. En tog is daar dae en omstandighede wat hartseer veroorsaak en wat diep gevoelens van wanhoop, boosheid en bitterheid in ons lewens bring.

Ek is seker dat een of ander tyd het ons gedink dat dit lekker sal wees om in ‘n land te gaan bly wat gevul is met dae van prentjie-perfekte seisoene en dat ons die onaangename tye tussen in kan vermy.

Maar dit is nie moontlik nie. Nog is dit gewens.

Soos Ek oor my eie lewe besin, is dit duidelik dat baie van die tye van die grootste ontwikkeling plaas gevind het terwyl ek deur stormagtige siesoene gegaan het.

Ons alle wyse Hemelse Vader het geweet dat vir Sy kinders om te groei in die wesens wat hulle ontwerp is om te word, is dit nodig vir hulle om seisoene van teenspoed te ondervind gedurende hul rys deur sterflikheid. Die boek van Mormon profeet Lehi het gesê dat sonder opposisie, “sal geregtigheid nie kan geskied nie” (2 Nefi 2:11). Inderdaad, dit is die lewe se bitterheid wat ons toelaat om kontras te herken en soetheid te waardeer (sien L&V 29:39; Moses 6:55).

President Brigham Young het dit so gestel: “Alle intelligente wesens wat gekroon is met krone van glorie, onsterflikheid, en die ewige lewe moet deur elke beproewing gaan wat aangewys is vir intelligente wesens om deur te gaan, om hul glorie van verheerliking te bekom. Elke rampspoed wat op sterflike wesens kan kom sal gelei word … om hulle voor te berei om die teenwoordigheid van die Here te geniet. … Elke beproewing en ondervinding wat jy deur gemaak het is nodig vir jou verlossing.”1

Die vraag is nie of ons seisoene van teenspoed sal ondervind nie maar hoe ons die storms sal verweer. Ons groot geleentheid gedurende die alewige-veranderde seisoene van die lewe is om vas te hou aan die gelowige woord van God, vir Sy berading is ontwerp om nie net te help om die storms van die lewe te verweer nie maar om ons ook deur hulle te lei. Ons Hemelse Vader het ons Sy woord gegee deur Sy profete—kosbare wysheid ontwerp om ons te lei deur die uitdagings en moeilike seisoene na die onuitspreeklike geluk en briljante lig van die ewige lewe. Dit is ʼn belangrike deel van ons lewens ondervinding om die vermoë, dapperheid, en integriteit te ontwikkel om vas te hou aan die waarheid en geregtigheid ten spyte van die bufferwerking wat ons mag ondervind.

Diegene wie deur die waters van die doop gegaan het en die gawe van die Heilige Gees ontvang, het hul voete op die pad van dissipelskap geplaas en is beveel om voortdurend en getrou in die voetspore van ons Verlosser te volg.

Die Verlosser het ons geleer dat die son opkom “oor slegtes en goeies, en … Hy laat reën[val] op regverdiges en onregverdiges” (Matthéüs 5:45). Partykeer kan ons nie verstaan hoekom moeilike, selfs onregverdige, dinge in die lewe gebeur nie. Maar as volgelinge van Christus, ons vertrou dat as ons “ywerig soek, gedurig bid, en gelowig is, sal alles meewerk tot [ons] beswil as [ons] opreg wandel” (L&V 90:24; klemtoon ingereken).

As lede van Sy Kerk, as Heiliges,dien ons met vreugde en gewilligheid in alle weer en in alle seisoene. En as ons dit so doen, word on harte gevul met godgewyde geloof, genesende hoop, en hemelse liefdadigheid.

Nogtans,sal ons deur alle seisoene moet beweeg—beide aangenaam en pynlik. Maar dit maak nie saak watter seisoen nie, as volgelinge van Jesus Christus, sal ons ons hoop op Hom rus soos ons na Sy lig beweeg.

Ten korte, ons is Heiliges van God, vasbeslote om van Hom te leer, om Hom lief te hê, en om ons medemens lief te hê. Ons is bedevaarders op die geseënde pad van disipelskap, en ons sal standvastig na ons hemelse doelwit beweeg.

Dus, laat ons Heiliges wees in die lente, somer, herfs en winter. Laat ons Heiliges wees vir all seisoene.

Nota

  1. Lesse van die Presidente van die Kerk: Brigham Young (1997), 261–62.

Onderrig uit Hierdie Boodskap

Die Eerste Presidentsie het geleer,“Party van die grootste preke is gepreek deur die sing van gesange (Gesange, ix). Soos jy hierdie boodskap bespreek, oorweeg om een van die volgende gesange of ʼn ander liedjie oor blywende teenspoed saam met diegene wie jy onderrig te sing: “Hoe ferm ʼn Fondasie” (no. 85); “Die Heer is My Herder” (no. 108); of “Laat Ons Almal Voortduur” (no. 243). As jy gedronge voel, deël a tyd toe ʼn stormagtige seisoen van jou lewe in ʼn seëning verander het.