2013
selfstandigheid
September 2013


Vroue Besoek Boodskap, September 2013

Selfstandigheid

Bestudeer die materiaal biddend en, soos van toepassing, bespreek dit met die susters wat jy besoek. Gebruik die vrae om jou te help om jou susters te versterk en om die Verligtings Vereniging ‘n aktiewe deel van jou lewe te maak. Vir meer informasie, gaan na reliefsociety.lds.org

Beeld
Verligtings Vereniging seël

Geloof, Familie, Verligting

Selfstandigheid is die gawe, toegewydheid, en moeite om vir die geestelike en fisiese welstand van onself en ons families te voorsien.1

Soos ons leer en die prinsiepe van selfstandigheid in ons huise en gemeentskappe toepas, het ons die geleenthede om na die armes en die behoeftiges om te sien en om ander te help om selfstandig te word sodat hulle die tye van teenstand kan verduur.

Ons het die voorrêg en die verpligting om ons agentskap te gebruik om geestelik en fisies selfstandig te word. Praat van geestelike selfstandigheid en ons afhanklikheid op Hemelse Vader, het Ouderling Robert D. Hales van die korum van die Twaalf Apostels geleer: “Ons word omskep en geestelik selfstandig soos ons biddend ons verbonde leef—deur waardige deelname aan die nagmaal, om waardig te wees vir ʼn tempel aanbeveling, en ons wanneer opoffer om ander te dien,”2

Ouderling Hales het ons geraadpleeg om tydelik selfstandig te word, “wat ʼn nagraadse geleerdheid, nagraadse geleerdheid of vakopleiding insluit, om te leer om te werk, en om binne ons perke te leef. Deur skuld te vermy en nou geld te spaar, is ons voorberei vir voltydse Kerk diens in die jare wat kom. Die doel van beide fisiese en geestelike selfstandigheid is om onsself op hoër grond te kry sodat ons ander in nood kan oplig.”3

Uit die Skrifture

Matthéüs 25:1–13; 1 Timotheüs 5:8; Alma 34:27–28; Leer en Verbonde 44:6; 58:26–29; 88:118

Uit Ons Geskiedenis

Nadat die Heiliges van die Laaste Dae in die Salt Lake Vallei vergarder het, wat ʼn afgesonderde woestyn was,wou President Brigham Young gehad het dat hulle floureer en permanente behuising vestig. Dit beteken dat die Heiliges nodig gehad het om vaardighede aan te leer om hulle toe te laat om selfstandig te word. In hierdie poging, het President Young groot vertroue in die bekwaamheid, talente, getrouheid, en gewilligheid van die vrouens gehad, en hy het hulle bemoedig in spesifieke temporele dienste. Terwyl die spesifieke dienste van die Vroue Vereniging sisters vandag dikwels verskillend is, bly die beginsels konstant:

  1. Leer om vir werk lief te wees en verhoed ledigheid.

  2. Bekom ʼn gees van self-opoffering.

  3. Aanvaar persoonlike verantwoordlikheid vir geestelike sterkte, gesondheid, geleerdheid, werk, finansies, voedsel, en ander lewens-onderhoudende noodsaaklikhede.

  4. Bid vir geloof en dapperheid om uitdagings te trotseer.

  5. Versterk ander wie hulp benodig.4

Notas

  1. Sien Handboek 2: Administrasie van die Kerk (2010), 6.1.1.

  2. Robert D. Hales, “Kom na Onsself: Die Nagmaal, die Tempel, en Opoffering in Diens,” Liahona, Mei 2012, 34.

  3. Robert D. Hales, “Kom na Onsself,” 36.

  4. Sien Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Vroue Vereniging (2011), 21.

Wat Kan Ek Doen?

  1. Hoe help ek die susters oor wie ek waak om oplossings vir hul fisiese en geestelike behoeftes te vind?

  2. Is ek besig om my geestelike selfstandigheid te vermeerder deur voor te berei vir die nagmaal en opofferinge te maak om te dien?