2014
‘n Antwoord op Haar Gebed
Maart 2013


Jeug

‘n Antwoord op Haar Gebed

Die skrywer woon in Gauteng, Suid Afrika.

‘n Vriend van ‘n ander geloof het een aand vir my kom kuier. Ek studeer gewoonlik my skrifture terwyl ek alleen is, en het hulle daardie aand uit geneem om uit hulle te studeer. Ek het ‘n gevoel gehad om haar te nooi om saam met my te studeer, maar ek was bang en het toe begin om alleen te studeer. Ek het geweet dat ek ‘n aanhutsing van die Gees geignoreer het. Na ‘n paar minute het ek versigtig gevra, “Wil jy graag die skrifture saam met my bestudeer?” My vriend het “Ja” geantwoord sonder om te huiwer.

Ons het toe uit die Boek van Mormon gelees. Sy het my ‘n paar vrae gevra en ek kon voel hoe die Gees my lei terwyl ek haar geantwoord het. Ek het van die waarheid van die Boek van Mormon getuig. Nadat ek dit gedoen het, het sy my die volgende vertel: “Ek het die hele dag al gehuil en is al heeldag bang. Ek het net gebid en om hulp gevra toe jy my gevra het om die skrifture saam met jou te lees. Ek voel nou soveel beter. Dankie.”

Die Here het my as ‘n instrument gebruik om een van Sy kinders se gebede te beantwoord en om een van Sy kinders te dien wat in nood was. Ek weet dat aanhutsinge, hemelse instruksies van ‘n wyse, glorieryke Vader is. Wanneer ons ons vrese ter syde stel, laat ons Hom toe om Sy mag te openbaar as gevolg van ons gehoorsaamheid.