2014
Diens en die Ewige Lewe
Maart 2013


Eerste Presidensie Boodskap, Maart 2014

Diens en die Ewige Lewe

Beeld
President Henry B. Eyring

Die Verlosser is ons voorbeeld van onselfsigtige diens. Sy perfekte lewe was daaraan toegewy om Hemelse Vader en al Sy Vader se kinders te dien. Die gesamentlike doel van die Vader en die Seun is om aan ons almal die gawe van die ewige lewe te skenk (sien Moses 1:39).

Om vir die ewige lewe te kwalifiseer, moet ons deur die Versoening van Jesus Christus verander word—wedergebore word en van sondes gereinig word. Klein kinders onder die ouderdom van agt jaar is egter sondeloos en word deur die Versoening gered (sien Mosia 3:16, 21; Moroni 8:10–12).

Vir die res van ons wat die ouderdom van verantwoordelikheid bereik, is daar ‘n wonderlike plan wat toelaat dat ons van ons sondes gereinig word en voorberei word vir die ewige lewe. Daardie voorbereiding begin deur priesterskap gemagtigde doop en die ontvangs van die Heilige Gees. Daarna moet ons die Verlosser altyd onthou en die gebooie wat Hy aan ons gegee het, behou.

Koning Benjamin het sy mense in die Boek van Mormon vertel van die vreugde wat kom as gevolg van die gevoelens van vergifnis van sondes wat deur die Versoening van Jesus Christus na ons toe kom. Hy het hulle toe geleer dat as hulle vergifnis van hul sondes wil behou, moet hulle hul kinders leer om mekaar te dien en hulle moet edelmoedig wees in die strewe om die geestelike en fisiese behoeftes van diegene rondom hulle, wat behoefte het, na te kom. (Sien Mosia 4:11–16.)

Hy het hulle ook geleer, “En kyk, ek vertel julle hierdie dinge dat julle wysheid mag leer; dat julle mag leer dat wanneer julle in die diens van jul medemens is, julle waarlik in die diens van julle God is.” Mosia 2:17).

Jesus het rondgegaan en Sy evangelie aan ander geleer en goeie dade verig (sien Handelinge 10:38). Hy het die siekes genees. Hy het mense uit die dood opgewek. Met Sy mag het Hy duisende gevoed toe hulle honger en sonder kos was (sien Matthéüs 14:14–21; Johannes 6:2–13). Na Sy opstanding, het Hy kos aan ‘n paar van Sy Apostels gegee, toe hulle aan wal gekom het by die See van Galilea (sien Johannes 21:12–13). In die Amerikas het Hy die siekes genees en die kinders een vir een geseën (sien 3 Nefi 17:7–9, 21).

Die Apostel Jakobus het ons geleer dat die begeerte om ander te dien uit ons dankbaarheid spruit vir wat die Here vir ons gedoen het:

“Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen. …

“Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dit: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld” (Jakobus 1:25, 27).

Een van die versekerings dat jy gereinig word, is ‘n groeiende begeerte in jou om ander vir die Verlosser te dien. Huis besoek en vroue besoek word meer van ‘n vreegde en is nie meer ‘n las nie. Jy vind dat jy uit jou eie uit meer gereeld uit jou eie instem om by ‘n plaaslike skool te help, of om na die arm mense in jou gemeenskap om te sien. Al het jy min geld om aan diegene wat minder het te gee, wens jy dat jy meer gehad het sodat jy meer kon gee (sien Mosia 4:24). Jy vind dat jy eiwerig is om jou kinders te dien en om hulle te leer om ander mense te dien.

Soos jou natuur verander, sal jy ‘n groter begeerte aanvoel om groter diens te lewer sonder om erkenning te verwag. Ek ken disiepels van die Heiland wat groot gawes van geld en diens gelewer het met die vasbeslotenheid dat net God en hulle kinders daarvan moet weet. Hemelse Vader het hulle diens erken deur hulle in hierdie lewe te seën, en sal hulle ook in die hiernamaals seën (sien Matthéüs 6:1–4; 3 Nefi 13:1–4).

Soos wat jy die gebod om ander te dien nagekom het (sien Matthéüs 22:39), het jy ‘n verandering in jou gevoelens van eer gevoel. Die Verlosser het Sy Apostels gekorrigeer toe hulle gestry het oor wie die belangrikste onder hulle sou wees. Hy het gesê:

“Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.

“Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees” (Matthéüs 23:10–11).

Die Verlosser onderrig ons hoe ons kan leer om ander te dien. Hy het perfek gedien, en ons moet leer om te dien soos wat Hy geleer het—lyn op lyn (sien L&V 93:12–13). Ons kan meer soos Hy word deur die diens wat ons lewer. Ons sal met al die energie van ons harte bid om ons vyande lief te hê soos wat Hy hulle lief het (sien Matthéüs 5:43–44; Moroni 7:48). Dan kan ons uiteindelik geskik wees vir die ewige lewe saam met Hom en ons Hemelse Vader.

Ek belowe dat ons meer perfek kan dien soos wat ons die Verlosser se leerstellings en voorbeeld volg.

Onderig uit Hierdie Boodskap

Ouderling M. Russell Ballard van die Kworum van die Twaalf Apostels het ons aangemoedig om te bid vir geleenthede om diens te lewer: “In jul oggend gebede met die aanbreek van elke nuwe dag, vra Hemelse Vader om jou te lei om geleenthede te herken om een van Sy waardevolle kinders te dien. Gaan dan deur die dag … soekende om iemand te help” (“Wees Begerig Verbind,” Ensign of Liahona, Nov. 2012, 31). Dink daaroor om diegene wat jy onderrig uit te nooi om ‘n doelwit te stel om elke oggend te bid vir geleenthede om te dien en hulle dan deur die dag uit te soek.