2014
Die Goddelike Sending van Jesus Christus: Die Lig van die Wêreld
Maart 2013


Vroue Besoek Boodskap, Maart 2014

Die Goddelike Sending van Jesus Christus: Die Lig van die Wêreld

Studeer hierdie materiaal biddend en streef om te weet wat om meë te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en sending van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy waak deur vroue besoek? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Soos wat ons begin verstaan dat Jesus Christus die Lig van die Wêreld is, sal ons ons geloof in Hom versterk en self ‘n lig aan ander word. Christus het getuig dat Hy die “waaragtige lig is wat elke mens verlig wat in die wêreld inkom” (L&V 93:2) en het gevra dat ons “[Sy] lig omhoog [moet hou]sodat dit vir die wêreld[mag skyn]” (3 Nefi 18:24).

Ons profete het ook aangaande die Lig van Christus getuig. President Henry B. Eyring, eerste kansilier in die Eerste Presidensie, het gesê: “Elke keer wat jy probeer om meer soos die Verlosser te lewe, sal jou getuienis versterk word. Jy sal mettertyd vir jouself uitvind dat Hy die Lig van die Wêreld is. … Jy sal die Lig van Christus in jou lewe, aan ander reflekteer.”1

Ouderling Quentin L. Cook van die Kworum van die Twaalf Apostels het die volgende gesê aangaande ons as ‘n lig van die wêreld: “Ons moet ons families beskerm en moet aan die voorfront saam met ander goedgesinde mense staan en alles in ons vermoeë doen om lig, hoop en moraliteit in ons gemeenskap te behou.2

Uit die Skrifture

Johannes 8:12; Leer en Verbonde 50:24; 115:5

Uit Ons Geskiedenis

Vroue van die Heiliges van die Laaste Dae hou aan om vandag hul lig omhoog te hou.

Op die 80ste vloer van ‘n wolke-krabber in Hong Kong, Sjina, het ‘n ongetroude sister met fisiese gebrekke—die enigste Heilige van die Laaste Dae in haar familie—’n tuiste geskep wat ‘n toevlug was waar sy en besoekers die invloed van die Gees kon voel. Sy het haar skrifture, Verligtings Vereeniging handboeke, en haar gesange-boek naby gehou. Sy het na die tempel gereis om ordinansies namens haar voorouers te verrig.3

In Brasil het ‘n regverdige ma haar kinders in die lig van die evangelie groot gemaak. Primêre liedjies het die lug in haar rooi baksteen huisie gevul, en prentjies van die Liahona van Tempels, profete van God, en die Verlosser het oral op die die mure gehang. Sy en haar man het opgeoffer om in die tempel geseël te word, sodat hul kinders onder die verbond gebore kon word. Haar aanhoudende gebed was dat die Here haar sou help om haar kinders groot te maak in die lig, waarheid en krag van die evangelie.4

Notas

  1. Henry B. Eyring, “’n Lewende Getuie,” Ensign of Liahona, Mei 2011, 128.

  2. Quentin L. Cook, “Laat Daar Lig Wees!” Ensign of Liahona, Nov. 2010, 30.

  3. Sien Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Verligtings Vereniging (2011), 163–64.

  4. Sien Dogters in My Koninkryk, 164.