2014
Kan ek Indeksering geniet?
Junie 2014


Jeug

Kan ek Indeksering Geniet?

Die skrywer woon in Veracruz, Mexico.

Ek het deel geneem in ons wyk se doel om 50,000 name te indeks. Aan die begin was dit moeilik. Op menige geleenthede was die handskrif van die bondel wat ek afgelaai het moeilik om te lees en somtyds wou ek dit terug stuur en ʼn verskillende een aflaai. Maar toe besef ek dat as almal so sou dink, daardie bondels vir laaste gelaat sal word. Ek kan my verbeel hoeveel lyne van mense in die geestes wêreld wag, en ek het besluit om aanhou te probeer om daardie name te lees en dit oor te skryf, sonder om ʼn fout te maak.

Ek het geleer om liefde vir daardie mense te hê. Ek verstaan dat hulle werklik hulp nodig gehad het, en ons het ook hul hulp nodig. Ek het tot ʼn beter begrip gekom dat Hemelse Vader se perfekte plan almal in oorweging neem. Wanneer ons die inspirasie en instruksies van Sy uitverkore leiers volg, sal ons Sy genade en oneindige liefde aanskou.

Indeksering was ʼn wonderlike ondervinding vir my. Ek het geleer om baie dinge in verband met familie geskiedenis te waardeer en ‘n liefde daarvoor te ontwikkel. Ek het ook geskenke van groot waarde van ons Here ontvang, deur gehoorsaam te wees aan iets so eenvoudig soos om aan indeksering deel te neem.