2014
Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Bediening
Junie 2014


Vroue Besoek Boodskap, Junie 2014

Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Bediening

Met gebed, bestudeer hierdie materiaal en streef daarna om te weet wat om te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy as vroue besoeker, waak? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Soos ons andere dien, word ons ware volgelinge van Jesus Christus, wie die voorbeeld vir ons gestel het. President Thomas S. Monson het gesê: “Ons is omring deur diegene in nood. … Ons is die Here se hande hier op aarde, met die opdrag om te dien en Sy kinders op te hef.1

Linda K. Burton, Vroue Vereniging algemene president het geleer: “Met oefening kan elkeen van ons meer soos die Verlosser word, soos ons die Here se kinders dien. Om ons te help om mekaar beter te [bedien], sal ek graag vier woorde wil voorstel wat ons moet onthou: “Eers sien, dan bedien.” … Soos ons dit doen, is ons besig om ons verbonde te onderhou en ons diens, soos President Monson sʼn, sal as ‘n getuie van ons dissipelskap, staan.”2

Ons kan elke oggend bid sodat ons geleenthede mag erken, om andere te dien. David L. Beck, Algemene President van die Jong Manne, het gesê “Hemelse Vader sal jou lei, en die engele sal jou bystaan,” het David L. Beck, jong mans algemene president gesê. “Jy sal die mag gegee word om lewens te seën en siele te red.”3

Uit die Skrifture

Matthéüs 20:25–28; 1 Nefi 11:27–28; 3 Nefi 28:18

Uit Ons Geskiedenis

Tydens die Oktober 1856 algemene konferensie het President Brigham Young aangekondig dat hand waens nogsteeds besig was om die vlaktes oor te steek en dat almal onmiddelik moes help om voorrade in te samel. Lucy Meserve Smith het geskryf dat vrouens “hulle onderrokke, sykouse, en elke ding wat hulle kon spaar, reg daar in die Tabernakel uitgetrek het, en [hulle] het dit op die waens gepak.

Soos die geredde pioniers in Salt Lake City begin aankom het, het Lucy geskryf: “Ek het nooit meer … plesier geneem in enige arbeid wat ek al ooit in my lewe verrig het nie, so ‘n gevoel van eensgesindheid het geseëvier. Ek het slegs nodig gehad om in ʼn winkel in te gaan en my behoeftes bekend te maak, en indien dit lap was is dit sonder koste afgemeet.”4

President George Albert Smith het oor die bediening aan andere gesê: “Ons ewige geluk sal in perporsie wees teenoor die manier wat ons onsself toegewy het om andere te help.”5

Ter Oorweeging

  1. Hoe kan gebed ons lei, om instrumente in die Here se hande te wees?

  2. Hoe kan ons bediening aan andere, ons help om ons verbonde te onderhou?

Notas

  1. Thomas S. Monson, “Wat Het Ek Vandag vir Iemand Gedoen?” Liahona, Nov. 2009, 86.

  2. Linda K. Burton, “Eers Sien, Dan Bedien,” Liahona, Nov. 2012, 78, 80.

  3. David L. Beck, “ Jou Heilige Plig om te Dien,” Liahona, Mei 2013, 56.

  4. Lucy Meserve Smith, in Dogters in My Koninkryk: Die Geskiedenis en Werk van die Vroue Verligtings Vereniging (2011), 36–37.

  5. George Albert Smith, in Dogters in My Koninkryk, 77.