2014
Bespoedig die Werk
Junie 2014


Eerste Presidentskap Boodskap, Junie 2014

Bespoedig die Werk

Beeld
President Thomas S. Monson

Besef jy dat die gerestoureerde Kerk 98 jaar oud was voor dit ʼn 100 ringe gehad het? Maar minder as 30 jaar later, is die Kerk se tweede 100 ringe georganiseer. En net agt jaar hierna het die Kerk meer as 300 ringe gehad. Vandag is ons meer as 3,000 ringe sterk.

Hoekom neem hierdie groeiwyse op ʼn versnelde tempo plaas? Is dit omdat ons beter bekend is? Is dit omdat ons mooi vergaderhuise het?

Hierdie dinge is belangrik maar die rede dat die Kerk vandag so groei is omdat die Here aangedui het dat dit sou gebeur. In die Leer en Verbonde het Hy gesê, “Kyk, Ek sal my werk in sy tyd, bespoedig.”1

Ons, as geestelike kinders van ons Hemelse Vader, is aarde toe gestuur op hierdie tydstip sodat ons mag deelneem in die bespoediging van hierdie worderlike werk.

Die Here het nooit, tot my kennis, aangedui dat Sy werk tot sterflikheid beperk is nie. Eerder, Sy werk omhels die ewigheid. Ek glo Sy werk word in die geestelike wêreld bespoedig. Ek glo ook dat die Here, deur sy dienaars daar, menige geeste voorberei om die evangelie te ontvang. Ons werk is om ons oorledenes na te vors en dan na die tempel te gaan om die heilige verordeninge uit te voer, wat aan diegene in die geestes wêreld, dieselfde geleenthede sal bied, wat ons het.

President Brigham Young het gesê, Elke goeie Heilige van die Laaste Dae in die geestes wêreld is besig (1801–77). “Wat doen hulle daar? Hulle preek, preek die hele tyd, en berei die weg vir ons voor, om ons werk te bespoedig, deur tempels hier en elders te bou.”2

Nou, familie geskiedenis werk is nie maklik nie. Vir dié van julle uit Skandinawië, Ek deel in julle frustrasie. Byvoorbeeld, aan my Sweedse kant, was my oupa se naam Nels Monson; sy vader se naam was nie Monson nie maar Mons Okeson. Mons se vader se naam was Oke Pederson en sy vader se naam was Peter Monson— terug na Monson weer.

Die Here verwag van ons om goed te presteer, in ons familie geskiedenis werk. Ek dink die eerste ding wat ons moet doen, indien ons goed wil presteer, is om die Gees van ons Hemelse Vader met ons te hê. Wanneer ons so regverdig leef as moontlik, sal Hy die pad oop maak vir die vervulling van die seëninge wat ons so opreg en ywerig begeer.

Ons gaan foute maak, maar niemand kan ʼn kenner in familie geskiedenis werk word, sonder om eers ʼn beginner te wees nie. Daarom moet ons onsself in hierdie werk ingooi en onsself voorberei vir ‘n opwaardse klim. Dit is nie ʼn maklike taak nie, maar die Here het dit op jou geplaas en Hy het dit op my geplaas.

Soos jy familie geskiedenis werk doen, sal jy vind dat jy jouself in padblokkades vas hardloop, en jy gaan vir jouself sê, “Daar is niks meer wat ek kan doen nie.” Wanneer jy daardie punt bereik, gaan op jou knieë en vra die Here om die weg te open en Hy sal die weg vir jou open. Ek getuig dat dit waar is.

Hemelse Vader is net so lief vir sy kinders in die geestes wêreld, as wat Hy is vir my en vir jou. Ten opsigte van die werk om ons oorledenes te red, het die Profeet Joseph Smith gesê, “En nou soos die groot doele van God, besig is om tot hul vervulling bespoedig te word, en die dinge waarvan in die Profete gespreek is, vervul word, soos die koninkryk van God op die aarde gevestig word, en die antieke orde van dinge herstel word, het die Here aan ons hierdie pligte en voorregte geopenbaar.”3

Ten opsigte van ons voorvaders wie afgesterwe het sonder ‘n kennis van die evangelie, het President Joseph F. Smith (1838–1918) verklaar, “Deur ons pogings namens hulle sal hul kettings van slaverny van hulle afval, en die duisternis rondom hulle sal opklaar, sodat die lig op hulle mag skyn en hulle in die geestes wêreld, van die werk sal hoor wat hier vir hulle gedoen is, deur hulle kinders, en hulle sal saam met julle juig in julle uitvoer van hierdie verpligtinge.”4

Daar is miljoene en miljoene van ons Hemelse Vader se geestes kinders, wie nooit die naam van Christus gehoor het voor hulle afsterwe en terugkering na die geestes wêreld nie. Maar nou is hulle die evangelie geleer en hulle wag vir die dag wanneer ek en jy die navorsing sal doen wat nodig is om die weg oop te lê, sodat ons die werk in die huis van die Here, vir hulle mag doen, wat hulle vir hulself, nie kan doen nie.

My broers en susters, Ek getuig dat die Here ons sal seën, indien ons hierdie uitdaging sal aanvaar en daarop sal reageer.

Leringe uit Hierdie Boodskap

Dink aan ʼn gunsteling storie oor jou familie geskiedenis en deel hierdie storie met diegene wie jy besoek. Jy mag dalk die vrae in die kinder gedeelte van die Eerste Presidentskap Boodskap (bladsy 6) wil gebruik, om diegene wie jy besoek, aan te moedig om hul stories te deel. Oorweeg om Leer en Verbonde 128:15 te lees en bespreek dan hoe belangrik dit is om die tempel verordene namens ons voorvaders, te doen.

Notas

  • Leer en Verbonde 88:63.

  • Leringe van die Presidente van die Kerk: Brigham Young (1997), 280.

  • Leringe van die Presidente van die Kerk: Joseph Smith (2007), 475

  • Leringe van die Presidente van die Kerk: Joseph F. Smith (1998), 247.