2014
God se Oes
Augustus 2014


Eerste Presidentsie Boodskap, Augustus 2014

God se Oes

Beeld
President Dieter F. Uchtdorf

ʼn Vrou genaamd Christa, het vir ʼn klein saad maatskappy gewerk. Sy was baie lief vir haar werk. Dit was ʼn bron van ontsaglike wonder, dat elke klein saad wat sy verkoop, die potensiaal het om hulself te omskep in in iets so wonderbaarlik—soos ʼn wortel, ʼn koolkop, of selfs ʼn okkerneut boom.

Christa was mal daaroor om voor haar rekenaar te sit, bestellings te neem en om vrae te beantwoord. Maar eendag het sy ʼn klag ontvang wat haar stom geslaan het.

“Die saadjies werk nie,” het die klieënt gesê. “Ek het hulle twee maande gelede gekoop en daar is nogsteeds niks nie.”

“Het u hulle in goeie grond geplant en hulle genoegsame water en sonlig gegee?” het Christa gevra.

“Nee, maar ek het my deel gedoen,” het die klieënt geantwoord. “Ek het die sade gekoop. Buitendien, hulle is gewaarborg om te groei.”

“Maar u het hulle nie geplant nie?”

“Genugtig nee! Dit sou beteken dat ek my hande vuil moes maak.”

Christa het hieroor nagedink en besluit dat ruglyne geskryf moet word vir die plant van sade. Sy het besluit wat die eerste ruglyn sou wees: “U moet die instruksie vir die saai van die sade nakom vir die sade, om te verseker dat die sade ontkiem. U kan hulle nie op die rak neersit en verwag dat hulle sal groei nie.”

Dit was nie lank daarna dat nog ʼn klag haar stom geslaan het nie.

“Die sade lewer nie ʼn opbrengs nie,” het ʼn klieënt gekla.

“Het u hulle in goeie grond geplant?” het Christa gevra. “Het u hulle die aanbevole hoeveelheid water en sonlig gegee?”

“O, ja,” het die klieënt aangedring. “Ek het dit alles gedoen—presies soos wat op die pakkie aangedui word. Maar hulle werk nie.”

“Het enige iets gebeur? Het hulle ontkiem?”

“Niks het gebeur nie,” het die klieënt gesê. “Ek het hulle geplant net soos aangedui. Ek het gehoop om tamaties vir aandete te hê. Ek is nou verskriklik teleurgesteld.”

“Wag ʼn bietjie,” het Christa geantwoord. “Bedoel jy dat jy die sade vandag geplant het?”

“Moet nie belaglik wees nie,” het die klieënt geantwoord. “Ek het hulle ʼn week gelede geplant. Ek het nie verwag om àl die eerste dag tamaties te sien nie; ek was geduldig. Laat ek jou vertel, daar was al baie gewater en gewag tussen dan en nou.

“Christa het geweet dat sy nog ʼn ruglyn sou moes byvoeg: “Die sade is onderhewig aan die wette van die natuur. Indien jy die sade gedurende die oggend plant en verwag om tamaties later in die week te eet, gaan jy teleurgesteld wees. Jy moet geduldig wees en wag vir die natuur om voor jou te ontvou.”

Alles het goed verloop totdat Christa nog ʼn klag ontvang het.

“Ek is baie teleurgesteld in julle sade,” het die klieënt begin. “Ek het hulle geplant presies soos voorgeskryf op die pakket. Ek het hulle water gegee, seker gemaak dat hulle sonskyn het, en gewag totdat hulle uiteindelik hulle oes gelewer het.”

“Dit klink asof jy alles reg gedoen het,” het Christa gesê.

“Dis alles goed en wel,” het die klieënt geantwoord. “Maar wat ek gekry het was zucchini!”

“My rekords weerspieël dat dit die sade is wat u aangevra het,” het Christa gesê.

“Maar ek wil nie zucchini hê nie, ek wil pampoene hê!”

“Ek volg nie.”

“Ek het die sade in my pampoen veld geplant—in dieselfde grond wat verlede jaar vir my pampoene gelewer het. Ek het elke dag die plante geprys, en hulle vertel watter pragtige pampoene hulle gaan wees. Maar instede van groot, ronde, oranje pampoene, het ek lang groen zucchini gekry. Tonne van die goed!”

Christa het besluit dat algemene ruglyne dalk nie genoegsaam sou wees nie en dat sy ‘n feit moes neerlê: “Die saad wat jy tydens die oestyd saai, bepaal die oes.

“Die Wet van die Oes

Die Apostel Paulus het aangaande God se oes geleer dat:

“Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

“Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” (Galásiërs 6:7–9).

Die Here het onlangs vir ons bykomende wysheid en insig aangaande hierdie onveranderlikke wet gegee:

“Daar is ʼn wet wat onveranderlik in die hemel verordineer is voor die grondlegging van hierdie wêreld, waarvolgens alle seëninge vasgestel is—

En wanneer ons enige seëning van God ontvang, is dit deur gehoorsaamheid aan daardie wet waarvolgens dit vasgestel is (L & V 130:20–21).

Wat ons saai, sal ons maai.

God se oes is ondenkbaar glorieryk. Aan diegene wat Hom eer, kom Sy oorvloedige seëninge in “ʼn goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is. … Want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word” (Lukas 6:38).

Net soos wat die die aardse sade inspanning en geduld vereis, so ook die hemelse seëninge. Ons kan nie ons geloof op ʼn rak sit en verwag om geestelike seëninge te maai nie. Maar indien ons evangeliese standaarde in die daaglikse lewens van ons families plant en aankweek, is daar ʼn groot waarskynlikheid dat ons kinders sal grootword en geestelike vrugte sal voortbring wat van onskatbare waarde sal wees vir hulle en toekomstige geslagte.

God se antwoorde tot gebede kom nie altyd onmiddelik nie—somtyds blyk dit dat hulle nooit kom nie—maar God weet wat die beste is vir Sy kinders. Verseker sal ons eendag duidelikker kan sien; en in daardie dag sal ons die goedheid en edelmoedigheid van die hemele herken.

In tussen tyd, is ons doel en ons groot vreugde om in die voetspore van ons Meester en Verlosser te volg en om goeie en gesuiwerde lewens te lei, sodat die beloofde en kosbare oes van God se kostelikke seëninge ons sʼn kan wees.

Wat ons saai, sal ons maai.

Dit is die wet van die hemel.

Dit is die wet van God se oes.

Onderrig uit Hierdie Boodskap

Bespreek met diegene wat u besoek hoe die wet van God se oes toepaslik is tot ons verhoudinge, gesprekke en getuienis, of werk en opvoedkundige doelwitte. U kan die volgende skrifture lees en bepeins wat tot hierdie wet betrekking het, soos Spreuke 11:18; 2 Korinthiërs 9:6; en Alma 32. Spoor hulle aan om vorige doelwitte te hersien en om nuwe doelwitte daar te stel om regverdigheid te weeg te bring. Help hulle om ʼn plan te beraam om beginselgetrou op te tree en om sodoende hulle langtermyn doelwitte te bereik.