2014
Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Messias
Augustus 2014


Vroue Besoek Boodskap, Augustus 2014

Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Messias

Studeer hierdie materiaal biddend en streef om te weet wat om meë te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy waak deur vroue besoek? Vir meer informasie, gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Die skrifture leer ons dat ons in die teenwoordigheid van God kan lewe “deur die verdienste, en die barmhartigheid, en die genade van die Heilige Messias” (2 Nefi 2:8). Messias is “ʼn Arameese en Hebreeuse word wat ‘die gesalfde’ beteken. … In die Nuwe Testament word Jesus die Christus genoem, wat die Griekse ekwivalent is van Messias Dit beteken die gesalfde Profeet, Priester, Koning, en Verlosser.”1

Ouderling Jeffrey R. Holland van die Kworum van die Twaalf Apostels het getuig: “Ek weet dat [Jesus Christus] die Heilige Een van Israel is, die Messias wat eendag weer in finale glorie sal kom, om op aarde as Heer van here en Koning van konings te heers. Ek weet dat daar geen ander naam onder die hemel gegee is waardeer ʼn man [of ʼn vrou] gered kan word nie.”2

“[Jesus Christus] is die Verlosser en Heiland van die wêreld, het President Dieter F. Uchtdorf gesê. “Hy is die beloofde Messias. Hy het ʼn perfekte lewe gelei en versoening gemaak vir ons sondes. Hy sal altyd aan ons sy wees. Hy sal ons oorloë veg. Hy is ons hoop; Hy is ons verlossing; Hy is die weg.3

“Bykomende Skriflesings

Johannes 1:38–41; 4:25–26, 40–42; 2 Nefi 6:13; 25:16–17

Uit die Skrifture

Die vroulike dissipels van Christus was getuienis van Sy rol as die Messias. Maria Magdalena was ʼn dissipel van Jesus Christus. Sy was die eerste een om die “steen van die graf afgerol” te sien op die vroeë môre van Christus se Opstanding. Sy het “buite die graf gestaan en ween” nadat sy ontdek het dat Sy Liggaam nie meer in die graf was nie.

Toe “draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.

“Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.

“Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.” Maria het besef dat Hy nie die tuinier was nie, maar eerder Jesus Christus, die Messias. (Sien Johannes 20:1–14-16.)

Notas

  1. Gits tot die skrifture, “Messias”; scriptures.lds.org.

  2. Jeffrey R. Holland, “Die Enigste Ware God en Jesus Christus Wie Hy Gestuur Het,” Liahona, Nov. 2007, 42.

  3. Dieter F. Uchtdorf, “Die Weg Van Die Disiepel,” Liahona, Mei 2009, 78.

Oorweeg Die Volgende

Hoekom is dit belangrik om die Verlosser se rol as die Messias te verstaan?