2015
Alles Is Wel!
Julie 2015


Eerste Presidentskap Boodskap, Julie 2015

Alles Is Wel!

Beeld
President Dieter F. Uchtdorf

Wanneer ek aan die pioneer erfenis dink, is die gesang, Kom, Heil’ges Kom” (Gesang, no. 30) een van die mees hart roerende dinge wat na my gedagtes kom. Diegene wat die trek na die Salt Lake Vallei aangepak het, het gereeld hierdie gesang gedurende hulle roete, gesing.

Ek is heeltemal bewus daarvan dat alles nie wel was met die Heiliges nie. Hulle was deur siektes, hitte, uitputing, koue, angs, honger, pyn, weifeling, en selfs met die dood, geteister.

Maar ten spyte daarvan dat hulle alle reg gehad het om “Alles is nie wel nie” te skreeu, het hulle ʼn houding aangekweek wat ons vandag nie kan help om te bewonder nie. Hulle het verby hulle probleme gekyk, na ewigdurende seëninge toe. Hulle was dankbaar in hulle omstandighede. Ten spyte van alle getynis teen hulle, het hulle steeds uit volle bors gesing, “Alles is wel!”

Ons eerbetoning vir die pioniers is hol as dit ons nie aanspoor tot ʼn diepe innerlike refleksie nie. Ek noem ʼn paar eienskappe wat my inspireer soos wat ek hulle opoffering en toewyding oorweeg.

Medelye

Die pioniers het vir mekaar omgegee ten spyte van sosiale, ekonomiese, of politiese agtergronde. Selfs wanneer dit hulle vordering gestuit het, ongerief veroorsaak het, of persoonlike opoffering en swoeg beteken het, het hulle steeds mekaar gehelp.

In ons doel-gerugte en partygesinde wêreld, kan individuele en partygesinde doelwitte voorrang geniet bo die hulp verleening aan andere en die opbou van die koninkryk van God. In vandag se samelewing, mag die bereik van sekere ideologiese doelwitte, ‘n maatstok van ons waarde weerspieёl.

Om doelwitte te stel en te bereik, kan ʼn wonderlike ding wees. Maar wanneer die prys van sukses, in die bereik van ons doelwitte, kom tot minagting van andere, of om andere te ignoreer, of seer te maak, mag die koste daarvan te kosbaar wees.

Die pioneers het na diegene in hul gemeenskap omgesien, maar het ook diegene wat ná hulle sou kom in aanmerking geneem deur oeste te saai vir die wa-treine wat sou volg.

Hulle het die krag van familie en vriende erken. En omdat hulle op mekaar staat gemaak het, het hulle sterk geword. Vriende het familie geword.

Die pioniers dien as ʼn goeie herrinering van hoekom ons moet wegbreuk van die versoeking om onsself te issoleer en, in stede daarvan, om uit te ryk om ander te help en medelye en liefde vir een en elk te hê.

Werk

“Kom, Heiliges kom, geen swoeg of werk te vrees.”

Hierdie sin het ʼn loflied vir uitgeputte reisigers geword. Dit is moeilik om te begryp hoe hard hierdie wonderlike siele geswoeg het. Om te loop, was een van die maklikste dinge wat hulle gedoen het. Hulle moes almal saamtrek deur kos te voorsien, waens heel te maak, na diere om te sien, om siekes en swakkes te versorg, om water uit te soek en te versamel, en om hulself teen die elemente en die gevare van die wildernis te beskerm.

Hulle het elke oggend ontwaak met kristal helder doelwitte wat elkeen verstaan het: om God en hul medemens te dien en om in die Salt Lake Vallei aan te kom. Elke dag was hulle doelwitte duidelik; hulle het presies geweet wat van hulle verwag word en dat elke dag se vordering belangrik was.

In die tye waarin ons leef—wanneer soveel wat ons begeer binne ons beryk is—is dit ʼn groot versoeking om ter syde te draai of om op te gee wanneer die pad wat voorlê ʼn bietjie rof raak of wanneer die helling voor ons ʼn bietjie styl word. Gedurende hierdie oomblikke, mag dit ons dalk inspireer om aan hierdie mans, vrouens, en kinders te dink, wat nie toegelaat het dat siekte, teenspoed, pyn, of selfs die dood, hulle van hul verkose weë ontspoor het nie.

Die pioniers het geleer dat om moeilike dinge te doen, het hulle liggame, denke, en gees versterk en verdiep; dit het hulle verstandhouding van ons goddelike herkoms vergroot; en hul medelye vir andere verdiep. Hierdie gewoonte het hulle siele versterk en was steeds aan hulle ʼn seëning, lank nadat hulle trek oor die vlaktes en berge geïndig het.

Optimisme

Terwyl die pioniers gesing het, het hulle aan ʼn derde les uiting gegee: “Gaan jul weg, vreugdevol.”

Vandag is dit so ironies dat ons met soveel geseënd is, en tog kan ons so ongelukkig wees. Die wondere van voorspoed en tegnologie oorweldig ons en oorlaai ons met sekuriteit, vermaak, oombliklike bevrediging, en gerief. En tog sien ons soveel ongeluk rondom ons.

Die pioniers, wie soveel opgeoffer het, en wat sonder van die mees basiese noodsaaklikhede gegaan het, om te oorleef. Hulle het verstaan dat geluk nie afhanklik was van toeval of ongeluk nie. Dit kom beslis nie daarvan om al ons wense waar te laat word nie. Geluk kom nie van eksterne omstandighede nie. Dit kom van binne af—ongeag wat om ons aangaan.

Die pioniers het dit geweet, en met daardie gees het hulle geluk gevind in alle omstandighede en in elke beproewing—tot in daardie beproewinge wat ingeryk het en die diepste water van hulle siele geroer het.

Beproewinge

Ons kyk baie keer terug na wat die pioniers moes verduur het en sê met dankbaarheid, “Dankie tog dat ek nie in daardie tyd geleef het nie.” Maar ek wonder of daardie heldhaftige pioniers, as hulle ons vandag kon sien, nie dieselfde kommer sou uitgespreek het nie.

Alhoewel omstandighede en tye verander het, het die beginsel, om swaar tye in die gesig te staar en om suksesvol saam te leef, as ʼn vooruitstrewende en besorgde gemeenskap onder God, nie verander nie.

Ons kan van die pioniers leer om geloof en vertroue in God te hê. Ons kan leer om medelye met ander te hê. Ons kan leer dat harde werk en industrie, ons nie net wesenlik nie, maar ook geestelik seën. Ons kan leer dat geluk vir ons beskikbaar is, ten spyte van ons omstandighede.

Die enigste manier hoe ons die pioniers kan vereer en ons dankbaarheid aan hulle kan bewys, is om hulle geloofwaardigheid aan God se gebooie, medelye en liefde vir hulle naaste, en hulle industrie, optimisme, en vreugde, wat die pioniers so goed in hulle eie lewens gedemonstreer het, in ons eie lewens toe te pas.

Soos wat ons dit doen, kan ons oor die dekades van tyd uitreik, die pioniers se hande in ons hande neem, en ons stemme tesame met hulle sʼn laat weerklink in die lofsang: “Alles is wel! Alles is wel!

Onderrig uit Hierdie Boodskap

Jy mag dalk wil begin deur “Kom, Heil’ges Kom” (Gesang, no. 30) te sing saam met diegene wat jy besoek. Jy kan ʼn geleentheid deel toe jy of iemand wat jy ken die beginsels van medelye, werk, of optimisme toegepas het. In dien deur die Gees gelei, kan jy getuig van die seëninge wat voortvloei uit die toepassing van hierdie beginsels, en aan diegene wie jy besoek, belowe dat hulle soortgelyke seëninge kan ontvang.