2015
Godelikke Eienskappe van Jesus Christus: Vergifnis en Barmhartigheid
Julie 2015


Vroue Besoek Boodskap, Julie 2015

Godelikke Eienskappe van Jesus Christus: Vergifnis en Barmhartigheid

Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy as vroue besoeker, waak? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Deur te verstaan dat Jesus Christus vergewensgesind en barmhartig teenoor ons is, kan ons help om andere te vergewe en barmhartigheid aan hulle te betoon. “Jesus Christus is ons Voorbeeld,” het President Thomas S. Monson gesê. “Sy lewe was ʼn legende van liefde. Hy het die siekes genees; Hy het die vertraptes opgelig; Hy het die sondaar gered. Die woedende skare het in die einde Sy lewe geneem. Maar tog lui daar vanaf die berg Golgota die woorde: ‘Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie’ —ʼn kronende uitdrukking in sterflikheid, van deernis en liefde.”1

Indien ons diegene vergewe wat teen ons sondig, sal ons Hemelse Vader ons ook vergewe. Jesus vra ons “wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is” (Lukas 6:36). “Vergifnis vir ons sondes kom met voorwaardes,” het President Dieter F. Uchtdorf, Tweede raadgewer in die Eerste Presidentskap, gesê. “Ons moet bekeer. … Het elkeen van ons, op een of ander tydstip, nie die genadetroon in nederigheid genader om vir genade te smeek nie? Het ons nie ook met al die energie van ons wese gewens vir genade—om vergewe te word vir foute wat ons gemaak het en sondes wat ons gepleeg het nie? … Laat toe dat Christus se Versoening jou hart verander en genees. Wees lief vir mekaar. Vergewe mekaar.”2

Addisionele Skrifgedeeltes

Matthéüs 6:14–15; Lukas 6:36–37; Alma 34:14–16

Uit die Skrifture

“Ons moet vergewe soos wat ons vergewe word,” het Ouderling Jeffrey R. Holland van die Kworum van die Twaalf Apostels gesê.3 Die storie van die verlore seun wys vir ons albei kante van vergifnis: die een seun is vergewe terwyl die ander seun gesukkel het om te vergewe.

Die jongste seun het sy erfenis geneem, dit vinnig gespandeer, en toe ʼn hongersnood kom, het hy gewerk deur varke op te pas. Die skriftiere leer ons “hy het tot homself gekom,” en het huis toe gekeer en aan sy vader gesê dat hy nie waardig is om sy seun te wees nie. Maar sy vader het hom vergewe en het ʼn vetgemaakte kalf vir ʼn fees geslag. Die ouer seun het terug gekeer nadat hy in die velde gewerk het en het kwaad geword. Hy het sy vader herinner dat hy vir baie jare gedien het, en nooit die gebooie verbreek het nie, en tog “vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.” Die vader het geantwoord, “Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joune. Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind” (sien Lukas 15:11–32).

Notas

  1. Thomas S. Monson, “Liefde, die Wese van die Evangelie,” Liahona, Mei 2014, 91.

  2. Dieter F. Uchtdorf, “Die Barmhartiges Ontvang Barmhartigheid,” Liahona, Mei 2012, 70, 75, 77; klem in die oorspronklike.

  3. Jeffrey R. Holland, “Die Vreedsame Dinge van die Koninkryk,” Ensign, Nov. 1996, 83.

Ter Oorweging

Hoe kan vergifnis, die een wie vergewe, tot voordeel wees?